# Die Departement van Binnelandse Sake het met die proses begin om slim-ID’s vir genaturaliseerde burgers en permanente inwoners van visumvrye lande uit te reik. Die stelsel is bestendig, met ‘n hoë landswye opname. Slegs aansoekers met groen strepieskode-ID’s van visumvrye lande word tans bygestaan as gevolg van die hoë volumes. Die Departement sal mense […]
# Die Suid-Afrikaanse Mediese Verenigingvakbond het ’n ultimatum aan die Gautengse Departement van Gesondheid gestel en eis dat die voortgesette betalingsgeskille met mediese dokters teen Donderdag opgelos word. Die geskille behels vertragings in betaling van oortydvergoeding en voorgestelde eensydige wysigings aan vasgestelde betalings vir oortydkontrakte. Sekretaris-generaal van SAMATU, Cedric Sihlangu, waarsku dat versuim om die […]
# Die KwaZulu-Natalse regering doen ’n beroep op die publiek om kalm te bly en nie paniekerig te raak oor Ithala Bank se toekoms nie. Hulle het belanghebbendes gerusgestel dat stappe gedoen word om die instelling te beskerm ná ’n uitspraak deur die Hooggeregshof in Pietermaritzburg wat die bank toelaat om volle bedrywighede te hervat. […]
# ’n Verslag vir die Verenigde Nasies sê Gaza se bevolking van ongeveer 2,1 miljoen Palestyne is aan ’n kritieke risiko van hongersnood blootgestel en ervaar uiterste vlakke van voedselonsekerheid weens die voortdurende Israelse versperring van humanitêre hulp. Volgens die verslag was daar ‘n verbetering tydens die wapenstilstand van twee-maande tussen Israel en Hamas, maar […]
# Rugby: Die kaptein van Ierland en Leinster, Caelan Doris, sal moontlik vir ses maande buite aksie wees ná ’n skoueroperasie. Die 27-jarige het die besering opgedoen tydens Leinster se Kampioenebeker-halfeindstrydnederlaag van 37-34 teen Northampton op 3 Mei. Die losvoorspeler is verlede week deur hoofafrigter Andy Farrell uitgelaat uit die Britse en Ierse Leeus se […]
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Italië, sal teen die gasvrou, China, te staan kom in die kwarteindronde van die Billie Jean King-beker-eindtoernooi in September, terwyl Oekraïne teen Spanje sal speel. Amerika sal Kazakstan aandurf, en Japan sal teen Groot-Brittanje te staan kom. Shenzhen is die gasvroustad vir die vroue-spantoernooi vanaf 10 September, nadat dit aangewys […]
# Sokker: Afrigter Ange Postecoglou sê Europa-liga-glorie vir Tottenham kan ’n keerpunt wees in hoe die klub beskou word, terwyl hy voorberei vir ’n groot eindstryd teen Manchester United. Spurs pak hul Premierliga-mededingers op 21 Mei in Bilbao, Spanje, nadat albei spanne gemaklik hul halfeindstryde gewen het, ondanks swak vertonings in die liga. Tottenham mik […]
# Sokker: Virgil van Dijk sê Liverpool se spelers was verpletter toe hulle hoor Trent Alexander-Arnold verlaat die klub, maar glo nie dit sal hulle viering van die Premierliga-titel oorskadu nie. Die plaaslike middelveld-speler is uitgejou deur groot gedeeltes van die skare op Anfield toe hy Sondag as plaasvervanger op die veld verskyn het in […]