# Die MK-party sê die agteruitgang van die Nasionale Loterykommissie verteenwoordig baie meer as net die wanbestuur van ‘n openbare instelling; dit is verraad teen openbare vertroue. Die party sê hy het skriftelik sy ontevredenheid aan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, oorgedra oor die Nasionale Loterykommissie wat op die punt staan […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê sekerheidsprotokolle by alle hofgeboue moet onmiddellik versterk word. Dit volg nadat ʼn KwaZulu-Natalse hofbeampte Maandagoggend by die Melmoth-landdroshof ʼn beskuldigde doodgeskiet het wat sy kollega se vuurwapen gegryp het. Die ministerie se woordvoerder, Terrence Manase, sê die departement het met sy eie interne hersiening […]
# Sokker: Suid-Afrika se nasionale Onder-20-mansspan het die Demokratiese Republiek die Kongo met 1-0 verslaan om hul plek in die Afrikanasiesbeker se halfeindronde te verseker. Thabang Mahlangu het die wedstryd se enigste doel in die 105de minuut aangeteken om die sege te beklink. Die Amajitas se oorwinning beteken dat hulle vir die FIFA Onder-20-wêreldbeker kwalifiseer […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 13 Mei 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig president Cyril Ramaphosa en sy Amerikaanse eweknie, president Donald Trump, sal na verwagting later in Mei ‘n hoëvlak-vergadering in Washington hou met die doel om diplomatieke en handelsbetrekkinge tussen die twee lande te herstel. Die koerant skryf die Afrikaners […]
# Die eerste groep wit Afrikaners aan wie president Donald Trump vlugtelingstatus toegeken het, het in Amerika aangekom. Die adjunkminister van Buitelandse Sake, Christopher Landau, en adjunkminister van Binnelandse Veiligheid, Troy Edgar, het hulle by die Washington Dulles Internasionale Lughawe in Virginië ontmoet. Landau sê president Trump het dit duidelik gestel die vlugtelingaansoeke vir Suid-Afrika […]
# Die Palm Ridge-landdroshof het beslis die bekentenis van Lawrance Sithebiso Mdlalose, wat beskuldig word dat hy die brand in die Usindiso-gebou in Johannesburg gestig het, mag as getuienis toegelaat word. Die 30-jarige Mdlalose het in Januarie verlede jaar erken hy was verantwoordelik vir die brand wat in 2023 deur die Usindiso-gebou gewoed en 76 […]