# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens en die Tafelronde van Suider-Afrika het in Erfenismaand ‘n bloedskenkings-veldtog van stapel gestuur wat tot Februarie duur. Dit is daarop gemik om te verseker dat daar geen bloedtekort is nie deur mense aan te moedig om gereelde skenkers te word en te beklemtoon dat elke skenking ‘n daad is wat […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die Wes-Kaap sê hy het kennis geneem van die provinsiale regering se besluit om Artikel 91 van die Nasionale Landvervoerwet in werking te stel. Dit bemagtig die regering om buitengewone maatreëls in te stel in gebiede waar geweld, onrus en onbestendigheid in die openbare vervoersektor lewens in gevaar stel. […]
# Die DA in die Wes-Kaap verwelkom CapeNature se vinnige optrede na die dood van ʼn jong luiperd wat in Heidelberg in ʼn onwettige strik gevang is. CapeNature het ná die voorval ʼn ondersoek gelas en dit na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys. Dave Bryant van die DA sê strikke is onwettig sonder ʼn permit. Hy […]
# Die Stad Tshwane waarsku inwoners om nie geboue onwettig te beset nie. Twee mense is Sondag aan rookinaseming dood nadat ʼn brand deur die kelder van die De Villiershof-woonstelgebou gewoed het wat as tydelike woonplek gebruik is. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Kholofelo Morodi, sê hulle is bewus van die behoefte aan bekostigbare […]
# Die KwaZulu-Natalse Departement van Vervoer het 350 werksgeleenthede geadverteer as deel van sy vaardigheidsrevolusie en werwingsveldtog. Die departement beoog om geskoolde gegradueerdes en ervare beroepspersone te lok om padbouwerk, die instandhouding van meer as 54-duisend kilometer pad en die bestuur van openbare vervoer te ondersteun. Die departement se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê hulle is […]
# Brandbestryders van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit hou tans ʼn brand dop in die berge bo Cogmanskloof tussen Ashton en Montagu. Die brand het gister teen die laer hellings van die kloof ontstaan. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê die brand is oornag aangevuur deur digte plantegroei en sterk wind. Sy voeg by vier brandweervoertuie […]
# Die Nelson Mandela Universiteit, in samewerking met Google, het die Digitale Ubuntu-kuberveiligheids-Kunsmatige Intelligensie-seminare vir studente bekendgestel. Die projek wil 100 studente help om kuberveiligheid en kunsmatige intelligensievermoë te bou. Studente sal geleentheid kry om meer te leer oor kuberveiligheid en loopbane in dié veld te ondersoek. Die program word aangebied deur die universiteit se […]
# Die Stad Tshwane is vol vertroue dat die voorgestelde Konsep-versoekskrifordonnansie deelnemende demokrasie en aktiewe burgerskap sal bevorder. Die wetgewing, wat tans vir openbare kommentaar bekendgemaak is, is gemik op die verbetering van die meganisme waardeur inwoners en belanghebbendes hulle versoekskrifte by die metro indien. Tshwane se Artikel 79-komiteevoorsitter, Ananias Mokgalotsi, sê versoekskrifte is ‘n […]