# Twee voortvlugtende verdagtes is gisteraand in Inanda in ʼn skietery met KwaZulu-Natalse polisie dood. Hulle is gesoek in verband met die dood van ʼn polisiebeampte, poging tot moord en ʼn reeks gewapende rooftogte. Die polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê hulle het inligting ontvang oor waar die verdagtes hulle bevind wat hulle na ʼn huis in […]
# Die Tsakani-landdroshof het borgtog aan ‘n 39-jarige man van Lindelani, Benoni, geweier wat daarvan beskuldig word dat hy sy 15-jarige dogter in 2022 verkrag en swanger gemaak het. Die slagoffer het die mishandeling aangemeld nadat sy 18 geword het, wat tot sy inhegtenisneming gelei het. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê […]
# Die polisie in Gauteng monitor die gebied rondom Pharoe Park in Germiston, Ekurhuleni, na gister se betoging teen uitsettings. Inwoners het die ingange na strate met rommel en brandende bande versper in ‘n poging om te verhoed dat amptenare hulle uitsit. ‘n Polisiewoordvoerder, Thabiso Makgato, sê hulle voer ‘n uitsettingshofbevel uit om onwettige bewoners […]
# Die Withuis beskryf Vrydag se vergadering in Alaska tussen die Amerikaanse president, Donald Trump, en sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, as ʼn luistergeleentheid. Rusland het aangedui hy sal ʼn skietstilstand met Oekraïne oorweeg indien Kiëf onttrek uit die dele van Donbas wat hy nog beheer. Oekraïne se president, Volodimir Zelensky, verwerp die voorstel. Die […]
# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, het beloof om ‘n hofbeslissing na te kom wat die metro beveel om Tshwane se varsproduktemark te herstel en munisipale dienste te verskaf. Die Gautengse Hooggeregshof het bevind die metro het versuim om ʼn hofbevel van Oktober 2022 na te kom dat Tshwane die mark in stand moet hou […]
# ActionSA-leiers, onder leiding van president Herman Mashaba, bring vandag ‘n oorsigbesoek aan fasiliteite en infrastruktuur regoor Tshwane. Die party sê die huidige administrasie het ‘n metro op die rand van ineenstorting geërf, met finansies in wanorde, verwaarloosde townships, en die vorige koalisie se meerderheidsparty het eerder op politiekery gefokus as op die vervulling van […]
# Die Stad Johannesburg se energie-nutsdiens, City Power, bied vandag die toekenningsgeleentheid aan vir energiedoeltreffendheid en aanvraagbestuur by skole. Dit volg na die kompetisie vir energiedoeltreffende skole wat leerders aanmoedig om aktief deel te neem aan die dinamiese wêreld van energiedoeltreffendheid en hernubare bronne. Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, lei die geleentheid. City Power se […]