# Die minister van Elektristeit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê geen beurtkrag word die res van die winter verwag nie. Hy het in Hatfield, Pretoria, die jongste inligting verstrek oor die toestand van die kragnetwerk. Ramokgopa het die verbeterde aanlegwerkverrigting geloof, en verwys na die stelselbestendigheid van Kusile se Eenheid 6 en Medupi se Eenheid […]
# Die Kaapstadse polisie het begin met ‘n soektog na verdagtes ná die dood van vier mans in Overcome Heights, Muizenberg, vroeër vanoggend. Woordvoerder Andrè Traut sê speurders verbonde aan die teenbende-eenheid werk onverpoosd om die gebeure te bepaal wat tot die voorval gelei het. Hy sê die liggame van die vier mans, tussen 20- […]
# Die DA in Gauteng is erg bekommerd omdat die Weskoppies-hospitaal in Pretoria slegs 600 uit een-duisend-en-67 beskikbare beddens gebruik weens personeeltekorte en die sluiting van onveilige geboue. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het onthul daar is 92 vakante poste en ses uit die 31 sale is tydelik gesluit. Jack Bloom van die DA […]
# Die Walter Sisulu Universiteit in die Oos-Kaap het sy Toastmasters-klub bekendgestel, ‘n belangrike mylpaal in sy verbintenis tot die lewering van selfversekerde, welsprekende gegradueerdes wat loopbaangereed is. Toastmasters is ‘n internasionale program wat ontwerp is om mense te help om hul openbare redevoering, kommunikasie- en leierskapsvaardighede deur oefening en terugvoer te verbeter. Khanyisa Mbali […]
# Rugby: Die Springbok Jesse Kriel sê hulle verwag ʼn taai stryd teen Australië in Saterdag se Rugbykampioenskaps-kragmeting op Ellispark, al het die Wallabies pas ʼn uitdagende reeks teen die Britse en Ierse Leeus voltooi. Kriel en André Esterhuizen is die senterpaar terwyl Damian de Allende nog van ʼn ligte besering herstel. Die 31-jarige Kriel […]
# Atletiek: Die Amerikaanse Olimpiese medaljewenner, Fred Kerley, is voorlopig geskors omdat hy na bewering opkikkertoetse misgeloop het. Volgens die kode van die Wêreldagentskap teen Opkikkergebruik mag ʼn atleet nie meer as drie opkikkertoetse in 12-maande misloop nie. Kerley se regspan sê hy gaan die bewering betwis omdat een of meer van die vermeende oortredings […]
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê Suid-Afrika verwerp die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se verslag oor menseregtepraktyke in die land. Die verkorte opsomming van die verslag lui dat die menseregte-situasie in die land gedurende die jaar aansienlik versleg het, met die ondertekening van die Wetsontwerp op Onteiening in Desember. Die departement […]