# Rugby: Die Haaie se afrigter, JP Pietersen, byt vas met sy jong span vir Vrydag se Curriebeker-stryd teen die Griekwas in Kimberley. Die junior Springbok, Bathobele Hlekani, kry sy eerste geleentheid in die beginspan as flank, nadat hy verlede jaar sy Curriebeker-debuut as slot gemaak het. Verdere veranderings onder die voorspelers, is Bryce Calvert […]
# President Cyril Ramaphosa verwelkom die bekendstelling van die globale raad op waterbeleggings by die Afrika-Unie–AIP Waterbeleggingsberaad in Kaapstad. Die inisiatief sal Afrika se Water-beleggingsprogram verhef tot ‘n Globale Waterbeleggingsplatform, wat leierskap, befondsing en innovering mobiliseer. Hy beklemtoon dat die raad vordering regoor belangrike forums sal dophou, en water van ‘n krisissektor tot ‘n geleentheidsektor […]
# Die werkersvakbond GIWUSA sê die jongste werkloosheidsyfer bevestig Suid-Afrika se werkloosheidskrisis vererger onder die ANC se mislukte neoliberale beleid. Die amptelike werkloosheidsyfer het gestyg tot 33,2-persent, met 8,4-miljoen mense wat nou amptelik werkloos is. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, sê die vakbond het dit deurgaans gesê en nou bewys die uitgebreide werkloosheidsyfer van 42,9-persent […]
# Die GOOD-party sê alle Suid-Afrikaners behoort geskok te wees omdat die gesig van armoede in Suid-Afrika steeds dié van ‘n vrou van kleur is, ná drie dekades van demokrasie. Statistieke Suid-Afrika het onthul die nasionale werkloosheidsyfer vir vroue in die tweede kwartaal van hierdie jaar is 35,9-persent. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê volgens […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, se administrasie neem beheer oor van museumuitstallings. ‘n Omvattende hersiening van sekere Smithsonian-museums is gelas om te verseker uitstallings prys Amerikaanse uitsonderlikheid en verdelende of partydige vertellings word verwyder. Trump het sedert die begin van sy tweede termyn in Januarie beheer begin uitoefen oor groot Amerikaanse kulturele instellings en […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Eskom het diesel strategies gebruik om die netwerk bestendig te maak gedurende die winter-spitstyd of wanneer eenhede onklaar geraak het. Hy bevestig dat ongeveer 5,8-miljard-rand van die dieselbegroting van 12-miljard-rand tot dusver bestee is, wat minder is as die 14,8-miljard-rand vir dieselfde periode verlede jaar. […]
# Die Stad Kaapstad nooi inwoners, verenigings, en belanghebbendes uit om verteenwoordigers te benoem vir die Ruimtelike Beplanningskollektief by elk van die 20 subrade. Die inisiatief, wat deur die Departement van Stedelike Beplanning en Ontwerp gelei word, wil opvoed, bemagtig en om gemeenskappe inlig oor ruimtelike beleide wat grondgebruik raak, ontwikkeling en plaaslike woonbuurte. Die […]