# Sokker: Marcus Rashford veroordeel Manchester United se gebrek aan strategie en sê dit laat die Engelse reuse in “niemandsland” nadat hy op lening by Barcelona aangesluit het. Die 27-jarige is in Januarie weg van Old Trafford op lening by Aston Villa nadat hy en die nuwe afrigter, Ruben Amorim, koppe gestamp het. United het […]
# President Cyril Ramaphosa het die Afrika-Unie se Afrika-Waterbeleggingsberaad in Kaapstad geloof as ‘n deurslaggewende oomblik vir Afrika en die wêreldbeweging vir veilige toegang tot water. Ramaphosa sê die geleentheid is daarop gemik om jaarliks 535-miljard-rand beskikbaar te stel om teen 2030 Afrika se waterbeleggingskloof te oorbrug. Hy het verder beklemtoon die beraad sal pasmaak-beleggings […]
# Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, het president Cyril Ramaphosa versoek om dringend duidelikheid te verskaf oor die befondsing en die proses rakende die nasionale dialoog, wat Vrydag begin. Maimane het skriftelik kommer uitgespreek of die dialoog werklik burgergedrewe sal bly, en gewaarsku die proses verkeer in gevaar om te misluk sonder […]
# Die ATM eis ‘n omvattende hersiening van ekonomiese beleide en ‘n verbintenis tot deursigtigheid en verantwoordbaarheid in staatsbestuur. Die party sê die werkloosheidsyfer van 32,9-persent in die tweede kwartaal van hierdie jaar beklemtoon die diepgaande wanbestuur van die ekonomie deur president Cyril Ramaphosa se administrasie. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê dit is […]
# Sokker: Cristian Romero is benoem as Tottenham se nuwe kaptein na die vertrek van klublegende Son Heung-min. Romero was onderkaptein vir die laaste twee jaar en het as kaptein begin in die span se Europa Liga eindstrydoorwinning oor Manchester United totdat Son in die tweede helfte op die veld gekom het. Die 27-jarige Argentyn […]
# Namibië verwelkom ‘n afvaardiging vroue van die Suid-Afrikaanse Polisiediens as deel van Vrouemaand-vieringe. Die besoek wat tot Vrydag sal duur, beklemtoon die sterk sekerheidsbande tussen die twee buurlande en vereer Suid-Afrikaanse vroue se optog teen apartheidpaswette in 1956. Namibië se polisiekommissaris, Johanna Ngondo, sê die program sluit besoeke aan stasies, ‘n Vrouemaand-konferensie in Windhoek […]
# Die Nasionale Vereniging van Onderdele- en Verwante Vervaardigers se 2025-skou word in vennootskap met die Motorbedryf-ontwikkelingsentrum in die Oos-Kaap aangebied, met die klem op uitnemendheid in die vervaardiging van motoronderdele. Die tweedaagse geleentheid bring vervaardigers, belanghebbendes en diensverskaffers bymekaar om samewerking en netwerking te bevorder. Belangrike punte sluit in lokalisering, handel en belegging, vaardigheids- en tegnologievennootskappe, […]