# Die Bergsebra Nasionale Park in die Oos-Kaap het twee leeumannetjies van die Addo Olifant Nasionale Park verwelkom. Die leeus, genaamd Niklaas en Witwarm, is hervestig om genetiese verskeidenheid en ‘n gesonde balans tussen roofdier en prooi te handhaaf. Hulle is oorgeplaas nadat die park se inwonende mannetjie, Nomad, uitgesit moes word weens ouderdom en […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het die Nasionale Vereniging van Onderdele- en Verwante Vervaardigers se tentoonstelling in Gqeberha geprys vir sy rol om Suid-Afrika se voertuig vervaardigingbevoegdhede ten toon stel. Tau sê ‘n vyf-persent verhoging in plaaslike produksie kan 30-miljard-rand in aankope ontsluit en moontlik die Amerikaanse uitvoermark van 4,4 […]
# Die DA in Gauteng het kommer uitgespreek oor die hulpbron-uitdagings by die Midrand-polisiestasie, insluitend ‘n tekort aan voertuie, oorwerkte speurders en beperkte parkering. Die DA-lid, Michael Sun, sê hierdie kwessies belemmer misdaadbestryding en vereis dringende optrede deur premier Panyaza Lesufi en die waarnemende minister van Polisie Firoz Cachalia. Hy bepleit vlootopgraderings, verbeterde saakbestuur en […]
# Afgevaardigdes by die Afrika-Unie se Afrika-Waterbeleggingsberaad in Kaapstad word aangespoor om waterbeleggings in klimaat- en befondsingsbesprekings te prioritiseer. President Cyril Ramaphosa het in sy hooftoespraak gevra vir befondsing, nasporing en bevordering van waterprojekte. Ramaphosa het ook deelnemers aangemoedig om tasbare ooreenkomste, vennootskappe en ‘n blywende globale meganisme te vind. Hy sê pasmaak-besprekings moet langtermyn […]
# Rusland het vandag se Europese diplomatieke gesprekke met Oekraïne as onbeduidend bestempel voor Vrydag se beplande spitsberaad tussen die Amerikaanse president, Donald Trump, en sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, in Alaska. Alexey Fadeev van die Russiese Ministerie van Buitelandse Sake, sê Moskou beskou die gesprekke as polities en prakties onbelangrik. Hy sê Europeërs gee […]
# Die Parlement se Etiekkomitee gaan nie die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, se twiets ondersoek waarin die K-woord gebruik word nie, en sê dit was voor hy ‘n parlementslid geword het. Die ATM het die klagte ingedien, maar die Parlement het beslis dit val nie binne die raamwerk van die Gedragskode […]
# Krieket: Die uitvoerende hoof van Krieket Australië, Todd Greenberg, glo toetskrieket moet van beter gehalte wees en het nie meer wedstryde nodig om lewensvatbaar te bly nie. Greenberg het met die viering van die 100-dae tot die begin van die Reeks om die As teen Engeland gesê ‘n korter toetsprogram sal voordelig wees vir […]
# Die Johannesburgse biolioteek het na vyf jaar heropen nadat dit as gevolg van waterlekke en brandrisiko gesluit is. Die heropening volg na opgradering van die stelsels, herboude rakke, en opgeknapde storievertel ruimtes vir kinders. Vorige biblioteekgebruikers kan nou hulle bibliotekkaarte hernu en nuwe lede kan aanlyn registreer. Volgens News24, het die voorsitter van die […]