# AfriForum sê Suid-Afrika se diplomatieke bande met Amerika kan verswak as die regering versuim om aandag te skenk aan menseregtekwessies. Die organisasie verwelkom ‘n verslag van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake wat verwys na die vervolging van rasse-minderhede, bedreiging van eiendomsregte, aanvalle op Afrikaner-boere en die versuim om misbruike te ondersoek. Ernst van […]
# Rugby: Stormers Rugby het ‘n opwindende nuwe era bekendgestel met die onthulling van ‘n nuwe identiteit. Die bygewerkte logo, wat ingeskakelde ringe met ‘n weerligstraal uitbeeld, vereer die span se herkoms terwyl dit ‘n beweging na die toekoms aandui. Uitvoerende hoof Johan le Roux sê die herbou van ‘n handelsmerk versterk die bande met […]
# Die adjunkminister van Binnelandse Sake, Njabulo Nzuza, het bevestig die afgebrande Germiston-kantoor het bates ter waarde van ongeveer 15-miljoen-rand gehad, maar die koste van die skade moet nog beraam word. Nzuza het aan SABC News gesê die brand het die immigrasievleuel vernietig en die water het laat geboorteregistrasiedokumente beskadig. Hy het bevestig amptenare het […]
# Die DA in Johannesburg eis ‘n dringende ondersoek na beweerde onwettige begrafnispraktyke by stadsbegraafplase. Die party sê ‘n gesin het ‘n vreemdeling se grafsteen op hul pa se graf in die Klipspruit-begraafplaas ontdek. Die DA-lid, Nonhlanhla Sifumba, vra Johannesburg se parke-afdeling om in gesprek te tree met families wat geraak is en om te […]
# Die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het twee gevalle van bek-en-klouseer in Viljoenskroon bevestig. Een geval was op ‘n kommersiële plaas en die ander in ‘n gemeenskaplike weidingsgebied naby die grens met Noordwes. Die departement sê die owerhede het bewegings-beperkings ingestel binne ‘n radius van tien-kilometer, en gebiede wat geraak is onder […]
# Krieket: Die veelsydige Protea-speler Corbin Bosch het ‘n strafpunt gekry vir ‘n oortreding van die Internasionale Krieketraad se gedragskode tydens gister se tweede T20 teen Australië in Darwin. Hy het na die kleedkamer gewys nadat hy Ben Dwarshuis uitgehaal het. Die kode beskryf dit as optrede of ‘n gebaar wat ‘n aggressiewe reaksie van […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die regering gaan voort met ondersteuning vir die motorsektor te midde van tariefuitdagings. Hy het op die Nasionale Vereniging van Motorvoertuig-onderdele en Verwante Vervaardigers se tentoonstelling in Gqeberha in die Oos-Kaap gepraat. Pau het wysigings aan die Motorproduksie-ontwikkelingsprogram bevestig en gesê fase 2 vir […]