# Sommige inwoners van Alaska ontruim hulle huise terwyl water uit ‘n kom onstsnap wat deur die Mendenhall-gletser opgevang is. Daar word gevrees vir ’n gletser-uitbarstingsvloei wat huise in gevaar kan stel. Plaaslike amptenare het Dinsdag bevestig dat water uit die ysdam begin vloei en oorstromings word binne die volgende dae verwag. Gletser-uitbarstingsvloei gebeur wanneer […]
# Die Stad Kaapstad het ‘n openbare versoek aan die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, gerig om befondsing en ondersteuning te verskaf aan sy Dial-a-Ride-diens vir mense met gestremdhede. Die diens vervoer ongeveer twee-duisend-200 gebruikers per maand maar worstel met ‘n begrotingstekort van byna een-miljoen-rand per maand. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, […]
# Die adjunkminister van Binnelandse Sake, Njabulo Nzuza, het bevestig ‘n saak van brandstigting en kwaadwillige saakbeskadiging is by die polisie geopen nadat die Germiston-kantore afgebrand is. Nzuza veroordeel gewelddadige versetoptogte en waarsku daar sal gevolge wees. Nzuza sê meer as 500 mense is geraak en dienste is ontwrig. Hy het aan SABC News beklemtoon […]
# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het vrywaring van vervolging toegestaan aan ‘n Artikel 204-getuie Laurentia Lombaard in die saak van die vermiste Middelpos-meisie, Joslin Smith. Staatsaanklaer Zelda Swanepoel het die uitspraak aangevra en opgemerk dat Lombaard se getuienis gehelp het in die skuldigbevinding van drie medebeskuldigdes. Regter Nathan Erasmus het bevind sy het geen aktiewe rol […]
# Die adjunkminister van Binnelandse Sake, Njabulo Nzuza, sê dis onduidelik hoe lank herstelwerk sal duur aan die departement se gebou in Germiston wat gister in ‘n brand beskadig is, aangesien struktuur-die veiligheid moet evalueer. Die gehuurde gebou val onder die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur en daar is twee jaar oor op die […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-raad het kommer uitgesprek oor die voortdurende onwettigheid van die e-taxi sektor. SANTACO sê vertragings met die finalisering van die gewysigde regulasies vir die Wet op Nasionale Landvervoer het baie operateurs sonder regeringspermitte gelaat, wat veiligheidsrisiko’s vir pendelaars inhou. Rebecca Phala van SANTACO sê bewerings van kapings, ontvoerings en teistering wat […]
# Die nuut-aangestelde voorsitter van FutureCoal en uitvoerende hoof van Seriti Resources, Mike Teke, versoek wêreldwye samewerking om uitdagings met energie- en voorsieningsekerheid aan te pak. Teke, wat oorneem nadat July Ndlovu afgetree het, beklemtoon steenkool bly ‘n strategiese hulpbron wat noodsaaklik is om armoede te verlig en die moderne lewe te ondersteun. Hy het […]
# AfriForum sê Suid-Afrika se diplomatieke bande met Amerika kan verswak as die regering versuim om aandag te skenk aan menseregtekwessies. Die organisasie verwelkom ‘n verslag van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake wat verwys na die vervolging van rasse-minderhede, bedreiging van eiendomsregte, aanvalle op Afrikaner-boere en die versuim om misbruike te ondersoek. Ernst van […]