# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi het Suid-Afrikaners verseker die huidige Covid-19 variant wat in verskeie lande voorkom, bied nie rede tot kommer nie. Die Nasionale Instituut van Oordraagbare Siektes monitor die Nimbus of NB.1.8.1 Covid-19 variant. Oosterse lande waar gevalle bevestig is, sluit in Thailand, Indonesië en China. Daarbenewens het Brittanje ook 13 […]
# Die Stad Tshwane het ʼn voorstel goedgekeur dat al sy bouprojekte die metro se interne professionele dienste moet gebruik. Die metro sê tot op hede het sommige departemente dienste soos dié van argitekte, bourekenaars en bouinspekteurs van buite gehuur. Hy sê dit het hoë konsultasiekoste tot gevolg en lei dikwels tot onbestendige gehalte en swak […]
# Die EFF sê hy verwerp met minagting die groep van 32 vooraanstaande persone wat president Cyril Ramaphosa aangestel het om die proses van die Nasionale Dialoog in die land te lei. Die groep sluit in die Springbokkaptein Siya Kolisi, die aktivis Ela Gandhi, en die sekretaris-generaal van Cosatu, Bheki Ntshalintshali. Die EFF sê die […]
# Die plastiekherwinningsorganisasie, Polyco, het tot dusver meer as 27-miljoen-rand in lae-inkomstegemeenskappe belê deur sy Packa-Ching-projek. Die veldtog is deel van die organisasie se pogings om afval-herwinners by die formele vullissektor in te skakel deur hulle in te sluit by herwinning-ekonomieë in hul gemeenskappe. Polyco se bemarkingsbestuurder, Chantal Philander, sê hulle ondersteun pogings om vullis van […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hy het die Stad Tshwane aangeraai om sy beplande langtermyn huurkontrak van 33 eiendomme in Sunnyside, Pretoria, met deursigtigheid en finansiële integriteit te bestuur. Die party sê die stad het hierdie eiendomme in die verlede verhuur, maar die huur is dikwels nie betaal nie, geen onderhoud is aan die geboue […]
# Die Europese Unie het sy 18de sanksiepakket teen Rusland bekendgemaak met die Kremlin se vermoë om geld te maak uit olie- en gasproduksie in die visier. Dit sluit ʼn verbod in op die gebruik van die Nord Stream-pypleiding om gas tussen Rusland en Duitsland te vervoer en die verlaging van die prysplafon op Russiese […]
# Die GOOD-party sê president Cyril Ramaphosa se aankondiging van ‘ n nasionale konvensie in Augustus om ‘n Nasionale Dialoog bekend te stel, is lankal nodig om Suid-Afrika se maatskaplike kontrak te hernu. Die konferensie sal die agenda bepaal vir dialoog wat ‘n pad vir die land sal aandui, en ‘n dryfveer vir Visie 2030 […]
# Die dodetal na stortreën en gure weer in die Oos-Kaap het tot nege gestyg. Ses liggame is naby die dorpie, Decoligny, gevind en ʼn sewende liggaam by Tsolo. Gisteraand is nog twee liggame in die Mthatha-area gevind. ʼn Woordvoerder van die provinsiale regering, Khuselwa Rantjie, sê owerhede soek nog na vermiste leerders nadat die […]