# Tennis: Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Venus Williams, is ʼn promotorskeuse by die Amerikaanse Ope. Die 45-jarige Amerikaner het verlede maand by die Washington Ope haar eerste wedstryd in 16 maande gespeel. Vyf ander Amerikaners het ook loslootjies ontvang vir die vroue-enkelspel se hooftrekking, asook Caroline Garcia van Frankryk en die Australiër, Talia Gibson. Intussen […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die bemagtiging van vroue moet voorkeur kry om ekonomiese groei en sosiale gelykheid te bevorder. Hy het die eerste P20-vroueparlement van die sewende administrasie toegespreek. Suid-Afrika beklee die tweede plek onder G20-nasies wat vroue-verteenwoordiging betref, met vroue wat 42-persent van parlementslede uitmaak. Mashatile sê ware demokrasie kan net floreer wanneer alle […]
# Die verhoor na die moord op die kletsrymer, Kiernan ‘AKA’ Forbes, en sy vriend en sakepersoon, Tebello Motsoane, word in Julie volgende jaar aangehoor. Die twee is in Februarie 2023 in Durban se gewilde Florida Road doodgeskiet. Vyf mans word beskuldig van sameswering om moord te pleeg, twee gevalle van moord en aanklagte wat […]
# Die MK-party het ʼn dringende aansoek by die Gautengse Hooggeregshof ingedien om president Cyril Ramaphosa se besluit om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof te plaas en Firoz Cachalia as waarnemende minister aan te stel, om te keer. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof die party in Julie regstreekse toegang geweier […]
# Die DA sê die skadelikste ekonomiese struikelblok is die beleid van swart ekonomiese bemagtiging. Die ANC het dit verdedig en gesê bemagtiging is nodig om transformasie in die land te bevorder. Professor William Gumede het bereken die gevolge was dat 100 individue met politieke bande een-duisend-miljard-rand deur SEB ontvang het. Mark Burke van die […]
# AfriForum het beloof om brandbestrydingsdienste in Tshwane te ondersteun. Die volg na die uitspraak van die Hoogeregshof in Pretoria wat die stad gelas het om regskoste te betaal nadat hulle hul saak teen die Sinoville Brandbestrydingsvereniging verbrou het. Die hof het die stad gekritiseer dat hy sonder behoorlike gesag opgetree het om privaat brandweerdienste […]
# Rusland het beperkings aangekondig op oproepe op die WhatsApp- en Telegram-toepassings. ‘n Regeringswaghond sê die toepassings het die belangrikste stemdienste vir bedrog en afpersing geword, en ook om Russiese burgers by verdelende en terrorisme te betrek. Russiese sekerheidsdienste het al meermale beweer dat Oekraïne Telegram gebruik om mense te werf of om sabotasie teen […]
# Krieket: Die Australiese snelbouler Scott Boland sê hulle sal hulle nie laat afsit indien Engeland beledigend raak in die komende reeks om die As nie. Hy het reageer op die onlangse vurige toetsreeks tussen Engeland en Indië wat twee-elk gelykop geëindig het. Australië was in die verlede bekend as die konings van slegsêery, maar […]
# Die Landdroshof in die Paarl, Wes-Kaap, het die voormalige Springbok, Schalk Burger en sy seun, Christiaan, skuldig bevind en beboet omdat hulle nie belastingopgawes ingedien het nie. Dit sluit Burger se maatskappy, Welbedacht Wyne in. Burger is beboet met 56-duisend-rand of 112 maande tronkstraf wat vir 56 maande opgeskort is. Sy seun is beboet […]