# Die Europese Unie het sy 19de pakket van sanksies teen Rusland aanvaar met banke, kripto-geldeenheid-transaksies, energie infrastruktuur en organisasies in Indië en China as teikens. Die sanksies sluit in ‘n verbod op die invoer van vloeibare aardgas uit Moskou van Januarie 2027 af, strenger reëls oor olietransaksies en nuwe optrede teen skepe wat sanksies […]
# Cosatu het kommer uitgespreek oor die skerp toename in ongereguleerde en onwettige aanlyn dobbelary. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan toenemende digitale toeganklikheid. Dobbelary in die land het ‘n beduidende jaar-tot-jaar groei van 45,7-persent getoon. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê as dit toegelaat word, dreig ongereguleerde en onwettige aanlyn dobbelary om duisende in absolute […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die strafregtelike klagte teen agt leerders van die Hoërskool Milnerton wat betrokke was by die gewelddadige aanval op ‘n Graad 10 leerder, verwelkom. Hulle het gister in die Landdroshof in Kaapstad verskyn op agt aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Borgtog van […]
# Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie ondersteun die 2025 Geïntegreerde Hulpbronplan ten volle en sê dit verskaf ʼn omvattende en gebalanseerde raamwerk om die land se energie-toekoms te verseker. Die hulpbronplan van 2,2-duisend-miljard-rand is ʼn omvattende strategie wat voorkeur gee aan hernubare energie en gas terwyl dit afhanklikheid van fossielbrandstowwe beperk. Die korporasie se woordvoerder, Nikelwa Tengimfene, […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 24 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig Arena Holdings kon daarin slaag om ‘n belegger te vind om die voortbestaan van die Financial Mail te verseker. # Mail & Guardian op Vrydae: Skryf kort en kragtig: Minister Bheki Cele het die geskorste minister van Polisie, Senzo […]
# Hoofregter Mandisa Maya sê die bewerings teen waarnemende regterpresident, Aubrey Ledwaba, kan die regstelsel se integriteit skade berokken. Getuie A het by die Madlanga-kommissie getuig hy het by ʼn informant gehoor dat 2,5-miljoen-rand eenkant gesit is om borgtog vir die moordbeskuldigde, Katiso “KT” Molefe, te verseker. Die getuie het egter nie geweet of die […]
# ʼn FBI-ondersoek het tot die inhegtenisneming van minstens 30 mense gelei wat huidige en gewese NBA-spelers en -afrigters insluit. Hulle is na bewering betrokke by weddenskappe en knoeiery in sport waarby die mafia betrek word. Dit sluit in die Portland Trail Blazers se hoofafrigter, Chauncey Billups, Miami Heat se Terry Rozier, en die voormalige […]