# Transnet Engineering, ‘n onderafdeling van Transnet, fokus op die uitbreiding van sy diensverskaffing in mariene en hawe-toerustingontwerp en die diversifisering van sy vervaardigingsvermoëns. Die staatsonderneming diens gemiddeld 400 lokomotiewe per jaar en onderhou meer as twee-duisend-500 by sy 16 hoofsentra in die land. Zach Tawi van die onderneming sê hulle vestig strategiese vennootskappe en […]
# President Cyril Ramaphosa is vandag die hoofspreker by die eerste Afrika Groenwaterstofspitsberaad in Kaapstad. Die tema van die beraad is die ontsluiting van Afrika se groen waterstofpotensiaal vir volhoubare groei. Die besprekings handel oor markstrategie, beleggingsgeleenthede, die toepassing van tegnologie en Afrika se plek in die wêreld se groen waterstof waardeketting. Die minister van […]
# Suid-Afrika se spatlo-toebroodjie, ook bekend as kota, het CNN Travel se lys van die wêreld se 25 beste toebroodjies gehaal. Dis ʼn kwart brood wat uitgehol en met ʼn verskeidenheid bestanddele soos vleis, skyfies, eier, polonie en atjar gevul word. Nommer een kom uit Spanje: Bocadillo de jamón Ibérico, bestaande uit dungesnyde vleis en […]
# Die Stad Johannesburg sê sy unieke Slimstad-uitdaging bemagtig inwoners om argitekte van hulle stedelike toekoms te word. Inwoners, kleinsake-eienaars, studente en stadswerknemers word jaarliks uitgenooi om hul baanbreker-idees in te dien om Johannesburg se dringendste uitdagings teen te werk. Dit strek van verkeersopeenhopings en afvalbestuur tot behuising en digitale insluiting. Die metro se woordvoerder, […]
# Die Amerikaanse Omgewingsbeskermingsvereniging stel voor dat talle belangrike kragaanlegregulasies opgehef word. Dit sluit in die 2015-vrystellingstandaarde vir nuwe fossielbrandstof-kragaanlegte, die 2024-reëls vir nuwe en bestaande fossielbrandstof-kragaanlegte en die kwik- en lug-gifstofstandaarde. Volgens die regulasies moet steenkool- en gasaangedrewe kragstasies hul vrystellings teen die vroeë 2030’s met 90-persent verminder. Die vereniging se woordvoerder Lee Zeldin […]
# Die UDM-leier Bantu Holomisa het president Cyril Ramaphosa se aankondiging van die groep wat die Nasionale dialoog sal lei en bevorder, verwelkom. Dit sluit mense in soos die gewese OVK-voorsitter Brigalia Bam, die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad Thabo Makgoba en Springbokkaptein Siya Kolisi. Holomisa sê die groep is gebalanseerd en verteenwoordig ʼn breë deursnit van die […]
# Die GOOD-party sê die Wes-Kaapse Begroting 2.0, wat die geleentheid gehad het om die langtermynbehoeftes van inwoners aan te spreek, bevoordeel eerder beeldbou. Die party sê ondanks die toewysing van 101-miljard-rand aan Onderwys oor die mediumtermyn-raamwerk, gaan skole gebuk onder toenemende registrasies, oorvol klaskamers en ‘n tekort aan onderwysers. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, […]
# Die DA steun die ondertekening van die Verdrag oor Internasionale Gebiedswaters wat die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, namens Suid-Afrika onderteken het op die Verenigde Nasies se Oseanekonferensie in Frankryk. Die Ooreenkoms oor Bioverskeidenheid Buite Nasionale Jurisdiksie is deur meer as 130 lande bekragtig. Andrew de Blocq van die DA […]