# President Cyril Ramaphosa het by die Gautengse Hooggeregshof aansoek gedoen om verlof tot appèl teen ‘n uitspraak wat sy ondertekening van die wet op Nasionale Gesondheidsversekering hersienbaar verklaar. Die hof het hom opdrag gegee om binne tien dae besluitnemingsrekords by die Raad van Gesondheidsorgfinansiers in te dien. Ramaphosa voer aan die uitspraak het presidensiële […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik waarsku teen ’n herhaling van wanbestuur en korrupsie in die Sektor Onderwys- en Opleidingsowerhede, ná die onttrekking van polities-aangestelde raadsvoorsitters. Die organisasie sê die vaardigheidsontwikkelingssektor ly al lank onder swak toesig, finansiële wanbestuur en plundering. Die uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenage, doen ’n beroep op die sakewêreld, akademici en […]
# Eskom het herklemtoon dat die kragnetwerk steeds beperk is, ten spyte van ‘n meer bestendige kragstelsel en beurtkrag wat opgeskort is. Eskom-woordvoerder Daphne Mokoena sê meer as tweeduisend-600 megawatt sal teen Maandagaand weer in gebruik wees om in die winteraanvraag te voorsien. Onbeplande onderbrekings is op veillige vlakke op gemiddeld meer as 14-duisend megawatt. […]
# President Cyril Ramaphosa word volgende week tydens sy Withuis-besoek deur vier Kabinetsministers vergesel. Die Presidensie het bevestig die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, en die minister van Landbou, John Steenhuisen, gaan saam. Ramaphosa ontmoet die Amerikaanse president […]
# Tennis: Dis die wêreld-nommer een Jannik Sinner teen Carlos Alcaraz in die eindstryd van die Italiaanse Ope nadat hy moes terugveg om die Amerikaner Tommy Paul 1-6, 6-0, 6-3 te klop. Dit is die Italianer se eerste toernooi na sy drie-maande skorsing vir die gebruik van verbode middels. In die ander halfeindstryd het die […]
# Rugby: Die Stormers het hul plek in die uitspeelrondes van die Verenigde Rugbykampioenskap verseker nadat hulle Cardiff gisteraand in die Kaapstad-stadion met 34-24 geklop het. Die Stormers se punte is aangeteken deur vleuel Suleiman Hartzenberg wat in sy 50ste wedstryd twee drieë gedruk het, nog twee deur die senter Leolin Zas, en doelskoppe deur […]
# Die Internasionale Dag teen Homofobie, Transfobie en Bifobie herdenk die Wêreldgesondheidsorganisasie se besluit om homoseksualiteit na 35 jaar as geestesversteuring te deklassifiseer. Vandag op 17 Mei, word ’n beroep op beleidmakers, die media en die publiek gedoen om geweld en diskriminasie teen LGBTQ-persone te beveg. Onder die tema “Die Krag van Gemeenskappe” word gefokus […]
# Die Departement van Vervoer versnel tans transformasie in die sektor. ’n Konsep van die hersiene Vervoersektorkodes is voltooi en sal binnekort vir openbare kommentaar beskikbaar wees wat kodes insluit vir ’n sektor-spesifieke Ondernemings- en Verskafferontwikkelingsfonds om klein, medium en mikro-ondernemings in swartbesit te bevorder. Die minister van Vervoer, Barbara Creecy sê SANRAL, PRASA en […]