# Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sal vandag met belanghebbers in die geloofsektor in Melmoth in KwaZulu-Natal gesels oor die Nasionale Gesondheidversekering-wetsontwerp. Dis deel van ‘n landwye inligtingstoer in hierdie verband. Die woordvoerder van die departement, Foster Mohale, sê die doel is om mense beter te laat verstaan hoe die instel van die hervormde […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd oor veiligheidsmaatreëls by Binnelandse Sake in Germiston nadat ʼn brand Dinsdag die gebou verwoes het. Die voorval het plaasgevind tydens gewelddadige betogings oor uitsettingsoperasies by die nabygeleë Pharoepark-woonstelle, waar mense munisipale behuising beset sonder om huur te betaal. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naiker, sê geweld […]
# Die vakbond Numsa sê hy het vir meer as tien-ruisend werkers in die farmaseutiese bedryf oor die volgende twee jaar ʼn salarisverhoging bo die inflasiesyfer beklink. Werkers sal in elk van die twee jaar ʼn verhoging van 5,5-persent kry wat tot ses-persent verhoog sal word. Die minimum salaris van 11-duisend-398-rand-80-sent sal ooreenkomstig vir almal […]
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê minister Ronald Lamola sal die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, generaal Rudzani Maphwanya, ontmoet om sy opmerkings in Iran te verduidelik. Maphwanya en die bevelvoerder van die Iranse Weermag, general-majoor Amir Hatami, het tydens ‘n vergadering in Teheran blykbaar hul lande se gemeenskaplike doel goedgepraat […]
# Cosatu sê die regering moet openbare indiensnemingprogramme uitbrei om jong mense te help om permanente werk te kry. Die vakverbond het kommer uitgespreek oor die amptelike werkloosheidsyfer wat van 32,9-persent in die eerste kwartaal tot 33,2-persent in tweede kwartaal gestyg het. Cosatu-woordvoerder, Zanele Sabela, sê die regering moet meer finansiering beskikbaar stel vir klein, […]
# Die Stad Kaapstad sê volgens ʼn nuwe verslag wat hierdie week by die burgemeesterskomitee-vergadering voorgelê is, is miljarde rand in die plaaslike ekonomie belê en duisende nuwe werksgeleenthede geskep deur die stad se spesiale projekte. Dié projekte laat die metro toe om op hulpbronne en kundigheid te fokus wanneer dit nodig is. Die burgemeesterskomiteelid […]