# Die DA sê die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur onder minister Dean Macpherson se leierskap lewer resultate wat fokus op werksgeleenthede, laer lewenskoste en etiese bestuur. Volgens die jongste Kwartaallikse Arbeidsmag-opname het die bousektor tussen April en Julie vanjaar 20-duisend werksgeleenthede geskep en 55-duisend oor die afgelope jaar. Edwin Macrae Bath sê die […]
# Krieket: Die Australiese kolwers Matt Short en Mitch Owen en die veelsydige Lance Morris sal nie in die komende tuisreeks van drie eendagwedstryde teen Suid-Afrika speel nie. Short en Morris is beseer en Owen het vertraagde harsingskuddingsimptome nadat Kagiso Rabada hom Dinsdag in die tweede T20 teen sy kopskerm raakgeboul het. Die drie word […]
# Die DA in Johannesburg het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, en die Ouditeur-generaal, Tsakane Maluleke, gevra om ondersoek in te stel na bewerings van bedrog, korrupsie en bestuursmislukkings by die Johannesburgse Padagentskap. Die party het verskeie kontrakte uitgelig vir ondersoek en sê daar bestaan kommer oor gelaaide kontrakwaardes en onregmatige verkrygingsprosesse. Belinda Kayser-Echeozonjoku […]
# Die Referendum-party sê die DA se jongste ekonomiese plan kan werk, maar hy glo nie dit sal nasionaal deurgevoer word terwyl die ANC die regering van nasionale eenheid beheer nie. Die plan stel ‘n aantal ononderhandelbare eise vir hervorming wat die ekonomie ‘n hupstoot sal gee en werkgeleenthede sal skep – insluitend die verwydering […]
# Die GOOD-party sê hy neem kennis van die Hooggeregshof in Gauteng se uitspraak dat die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, se vonnis van 30 dae tronkstraf vir een jaar opgeskort is. Dit volg nadat die burgemeester en stadsbestuurder, Johann Mettler, in 2022 aan minagting skuldig was omdat ‘n hofbevel om die Tshwane Varsproduktemark van […]
# Die Nasionale Unie van Mynwerkers sê hy ondersteun Eskom se regsuitdaging teen die energiereguleerder, Nersa, se besluit om vyf elektrisiteit-handelslisensies en een invoer/uitvoer-lisensie toe te staan. Die kragverskaffer sê handelaars sal die groot kragverbruikers teiken wat Eskom en munisipale verspreiders se beste betalers is en sodoende hulle volhoubaarheid ondermyn. Die minister van Elektrisiteit en […]
# Universiteite Suid-Afrika het die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, se omvattende plan om probleme in die naskoolse onderwys- en opleidingsektor aan te spreek, verwelkom. Die minister het onderneem om die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente reg te ruk en ʼn nuwe befondsingsmodel vir die sektor op te stel. USAf-woordvoerder, Phethiwe Matutu, […]
# Die Oos-Kaapse Onderwysdepartement stel ondersoek in na beweerde voedselvergiftiging by die Landbouskool Gobisizwe in Mthatha. Dit volg nadat 131 leerders gister inderhaas hospitaal toe geneem is. Die departement se woordvoerder, Siyanda Manana, sê daar was geen sterftes nie en 128 leerders is intussen ontslaan, terwyl drie nog in die hospitaal is vir waarneming: