# Die Gautengse polisie monitor die versetoptrede by Maponya Winkelsentrum in Pimville, Soweto ná die dood van ‘n e-taxi-bestuurder gister. Dit volg nadat vier aanvallers ‘n e-taxi, wat voor die winkelsentrum se ingang geparkeer was, genader het, die bestuurder doodgeskiet en twee mense beseer het. Die voorval word na bewering gekoppel aan spanning tussen taxi-operateurs […]
# Die Departement van Onderwys van die Noord-Kaap het ‘n onderwyser van Upington voorlopig geskors terwyl ondersoek ingestel word na ‘n swartgesig-verf-voorval verlede week by ‘n geleentheid by Hoërskool Duineveld. Jaco Liebenberg het na bewering ‘n swartgeverfde gesig gehad by ‘n skoolfunksie wat wydverspreide verontwaardiging veroorsaak het nadat foto’s op sosiale media versprei is. Wynand […]
# Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging versoek die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om die regulasies te finaliseer wat kleinhandelaars, voedsel- en drankvervaardigers, meulenaars en produsente sal toelaat om gesamentlik te onderhandel oor die aankoop van hoofsaaklik plaaslike suiker. Die suikerbedryf ondervind ‘n beduidende bedreiging oor die tariewe van 30-persent wat op suikeruitvoere na […]
# Gholf: Die heersende Meesters-kampioen, Rory McIlroy, glo dis nie volhoubaar om die spelende kaptein van die Ryderbekerspan te wees nie, want daar is baie werk aan die posisie verbonde. Die 36-jarige Noord-Ierse speler sal in September in Bethpage aan sy agste Ryderbeker-kompetisie deelneem waar Europa gaan probeer om die titel die eerste keer sedert […]
# Die Parlement se gekose komitee vir Onderwys, Wetenskap en die Skeppende Bedryf het Operasie Dudula se onlangse dreigemente veroordeel om skole volgende jaar te ontwrig nadat hulle gesondheidsorgsentrums geteiken het. Die organisasie het dienste by gesondheidsorgsentrums ontwrig, veral in Gauteng en KwaZulu-Natal, deur toegang vir buitelanders te weier. Die voorsitter van die komitee, Makhi […]
# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham-Maré, sê sakeondernemings het nou meer geleenthede om in energie-doeltreffende maatreëls te belê. Dit volg nadat die Artikel 12L-belastingaansporing wat op 31 Desember sou verstryk, met vyf jaar verleng is tot Desember 2030. Graham-Maré sê die aftrekking vir energie-doeltreffende besparings spoor ondernemings aan om in hierdie maatreëls […]
# President Donald Trump van Amerika het bekendgemaak dat die Hollywood-ikoon Sylvester Stallone, die rock-groep KISS en die country-sanger en liedjieskrywer George Strait onder dié is wat vanjaar deur die Kennedy-sentrum vereer word. Ander bekendes sluit in die Britse akteur en komediant Michael Crawford en die plaaslike sangeres Gloria Gaynor. Trump verbreek tradisie deur later […]
# Navorsers aan die Universiteit van die Witwatersrand se gestruktureerde lig-laboratorium span lig in om deurbrake in veilige kommunikasie en kwantumtegnologie te bevorder. Die laboratorium se werk fokus op die kruising tussen klassieke optika, kwantumfisika en kunsmatige intelligensie. Die Wits-professor, Andrew Forbes van die Skool vir Fisika, sê deur gestruktureerde kwantumlig te gebruik, het hulle […]