# Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in Junie op ‘n jaarkoers met 1,6-persent gestyg, hoofsaaklik aangevuur deur sterk verkope in tekstiele, klere, skoeisel, leergoedere, ysterware, verf en glas. Raquel Floris van Statistieke SA sê op ‘n kwartaallikse basis het seisoensaangepaste verkope met 0,9-persent gestyg, terwyl voedsel-, drank- en tabakkleinhandelaars die grootste daling van 2,3-persent aangeteken […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare vra Statistieke SA om sy beplande hersienings van die arbeidsmagopname-metodes te bespoedig om die vaslegging van indiensneming in die informele sektor te verbeter. Die vakbond sê dit kan ‘n duideliker beeld van ekonomiese bedrywighede verskaf en meer doeltreffende beleidsreaksies ondersteun. Die woordvoerder, Claude Naiker, sê Suid-Afrika se stygende werkloosheid is […]
# Die polisie kommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi het byna 44-duisend-rand, wat ingesamel is deur ‘n BackaBuddy-veldtog, aan die SAPD Onderwystrustfonds vir die kinders van gesneuwelde lede oorbetaal. Die fondse, wat deur sosialemedia beïnvloeders, Chris Excel en Ori ingesamel is om vir Mkhwanazi twee koeie te koop na sy anti-korrupsie mediavergadering van 6 Julie. Meer […]
# Die Departement van Gesondheid van Gauteng sy hy maak goeie vordering met verbeteringe van bedrywighede by die Masakhane-wassery en kook-vries-fasiliteit in Rosslyn, Pretoria. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba sê sleutelopgraderings is reeds voltooi, insluitende die vervanging van ‘n vervoerband vir die kook-vries-afdeling en die installering van vyf nuwe 100-kilogram wasmasjienuitsuiers in die wassery-afdeling:
# Die Parlement se ad hoc-komitee wat ondersoek instel na die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings, vergader vandag om sy verwysingsraamwerk te oorweeg. Die komitee is gestig om bewerings van politieke inmenging in misdaadbestrydingspogings te ondersoek, maar moet eers die omvang van die werk uiteensit voor hy voortgaan. Die Parlement sê die proses is […]
# Die DA in Gauteng het onthul slegs een van ses tonnelwassers by die Masakhane provinsiale wassery in Rosslyn, Tshwane, werk tans. Die wassery bedien 14 hospitale en 54 klinieke. Daar is ook ander noodsaaklike masjinerie wat stukkend is, en 31 vakante poste dwing personeel om oortyd te werk. DA-lid, Jack Bloom, sê die gebrek […]