# Rugby: Die Springbok-heelagter Aphelele Fassi sien uit na die geleentheid om stelskoppe by sy arsenaal te voeg in Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die Wallabies in Johannesburg. Hy sal moontlik die skop-verantwoordelikhede met die losskakel Manie Libbok deel, wat die enigste ander erkende stelskopper in die groep is. Fassi sê hy oefen nou al geruime […]
# Die voormalige Springbok-speler en afrigter van Westelike Provinsie, Dawie Snyman, is in die ouderdom van 76 jaar dood. News24 berig Snyman, wat tussen 1972 en ’77 tien toetse vir Suid-Afrika gespeel het, is verlede maand met leukemie gediagnoseer. Hy word onthou vir die reeksoorwinning oor die All Blacks in 1976 en vyf agtereenvolgende Curriebeker-titels […]
# Die Ministerie van Vervoer het die moord op ‘n e-taxi-bestuurder by Maponya Winkelsentrum in Soweto, Gauteng, sterk veroordeel en noem die geweld onaanvaarbaar. Die regering werk saam met die taxibedryf om bedryfslisensies te digitaliseer om geweld aan te pak en roeteverwante geskille te verminder. Die ministerie se woordvoerder, Collen Msibi, sê nuwe regulasies vir […]
# Brittanje se ekonomie het bo verwagting presteer in die tweede kwartaal, nadat dit die uitwerking van Amerikaanse tariewe en ‘n hoër sakebelasting moes absorbeer. Die bruto binnelandse produk het met 0,3-persent gegroei in die tydperk van April tot Junie, wat ontleders se voorspellings van 0,1-persent oortref het, nadat dit 0,7-persent in die eerste kwartaal […]
# DRDGold het ‘n toename van 26-persent in inkomste aangeteken vir die jaar wat in Junie geëindig het en agt-miljard-rand bereik, aangevuur deur ‘n styging van 31-persent in die rand-goud-prys. Verdienste per aandeel sal na verwagting met tot 74-persent groei in vergelyking met verlede jaar. Die onderneming het meer as 155-duisend-onse goud gelewer, en bedryfskoste […]
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Koninklike Eswatini Polisie het drie mense opgespoor wat verdink is van die moord op sersant Lawrence Mtshweni in Mpumalanga. Die oorgrens-jaagtog het geëindig in ‘n skietgeveg waarin twee van die verdagtes dood is, terwyl die derde sy eie lewe geneem het. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê ‘n beloning van 150-duidend-rand […]
# Die polisie in Limpopo het bevestig vier gevangenes en ‘n polisiebeampte is vanoggend dood toe ‘n polisievangwa buite Mookgopong in Limpopo omgeslaan het. Die polisiewoordvoerder, Hlulani Mashaba sê die voertuig het gevangenes van Mokopane na Mookgopong vervoer vir ‘n hofverskyning toe die voorval plaasgevind het. Owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.