# Die Internasionale Lugvervoervereniging het bevestig dat hy sy derde Wêreldvolhoubaarheidsimposium hierdie Oktober in Hongkong gaan aanbied en daarop sal fokus om teen 2050 netto-nul koolstofuitstralings in lugvaart te bereik. Die geleentheid sal wêreldleiers in finansies, energie, beleid en lugvaart verenig om uitdagings aan te pak, insluitend volhoubare brandstofproduksie, om die oorgang na 82-duisend-miljard-rand te […]
# Motorsport: Een van McLaren se motors vir volgende jaar se Formule Een-seisoen gaan in Desember opgeveil word, nog voor dit in ‘n wedren gebruik is. Sotheby’s gaan ook die volgende Arrow McLaren Indycar opveil wat in Mei volgende jaar in Indianapolis gaan jaag, asook die uithou-motor wat in 2027 aan Le Mans gaan deelneem. […]
# Rugby: Die Gautrein-bestuursagentskap en PRASA het saamgespan om vervoer te bied aan ondersteuners wat môre die Springbokke se Rugbykampioenskapswedstryd teen Australië op Ellispark gaan bywoon. Ondersteuners kan die Gautrein na Parkstasie neem en dan dadelik oorklim op ‘n PRASA-trein tot by die stadion. Gautrein se woordvoerder, Albi Modise, sê die veldtog bevorder veilige, gerieflike […]
# Oudpresident Thabo Mbeki gaan nie aan die nasionale dialoog-vergadering deelneem wat môre en Saterdag by die Universiteit van Pretoria plaasvind nie. Die voorsitter van die Thabo Mbeki-stigting, Geraldine Fraser-Moleketi, sê die vergadering is nie die amptelike nasionale dialoog-konvensie nie. Sy waarsku dat die byeenkoms misleidend is, aangesien slegs die span se goedgekeurde geleenthede werklik […]
# Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid het bevestig dat ‘n vliegtuig vandag naby die Suncoast Casino neergestort het tydens ‘n lugvertoning op Durban se Noordstrand. Die ZS-AEC Extra 300-vliegtuig het aan die einde van sy vertoning in die see geval. Nooddienste en wetstoepassing het dadelik reageer. Die owerheid sê ondersoeke duur voort om die oorsaak van die […]
# ActionSA sê die diplomatieke flater in Iran deur die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Rudzani Maphwanya, wys op diep verdeling in die regering van nasionale eenheid se buitelandse beleid. Matthew George van ActionSA vra vir ‘n dringende parlementêre verhoor om vas te stel of Maphwanya op sy eie opgetree het en of hy […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê ‘n nuwe Suid-Afrikaanse afvaardiging gaan na die Withuis gestuur word om vir beter handelsooreenkomste te onderhandel te midde van Amerikaanse tariewe wat ‘n 100-duisend werksgeleenthede in die motornywerheid, veral in die Oos-Kaap, bedreig. Hy het op die Nasionale Vereniging van Onderdele- en Verwante Vervaardigers se uitstalling in Gqeberha gewaarsku dat […]