# Die UDM het gister se moord op ‘n e-taxi-bestuurder by die Maponya Winkelsentrum in Soweto, veroordeel en beskryf as ‘n aanval op veiligheid en lewensbestaan in die vervoersektor. Yongama Zigebe van die UDM doen ‘n beroep vir dringende regeringsoptrede, asook optrede deur die SAPD en die Gautengse Vervoerdepartement om die voortdurende spanning tussen taxi’s […]
# ‘n Russiese afvaardiging het in Noord-Korea aangekom kort nadat die lande se leiers beloof het om samewerking te versterk. Die Russiese president, Vladimir Putin, en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, het Dinsdag telefonies gepraat voor Putin se ontmoeting met Donald Trump op ‘n beraad in Alaska, waar die Amerikaanse president gaan probeer om […]
# Rugby: Die Springbok-vroue se hoofafrigter, Swys de Bruin, sê hulle hoofdoel op die Wêreldbekertoernooi is om Suid-Afrika trots te maak. Hulle is vol vertroue na die onlangse oortuigende oorwinning oor Nieu-Seeland se Black Ferns-vyftiental. Die Bokke speel in Groep D teen Brasilië, Frankryk en Italië, met die voorste twee spanne wat deurdring na die […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het vyf bykomende lede aangestel op die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie se Raadgewende Komitee vir die Hersiening van die Strafregstelsel. Hulle sluit aan by agt lede wat in 2023 aangewys is. Onder die nuwe lede is professor Geert Philip Stevens van die Universiteit van Pretoria, en ‘n […]
# Rugby: Die sukkelende Haaie hoop om vanmiddag hulle Curriebekerveldtog weer op dreef te kry te kry wanneer hulle in Kimberley teen Griekwas speel. Die Durbanse span het al drie sy eerste wedstryde verloor en is sewende op die punteleer, net voor Westelike Provinsie, terwyl Griekwas sesde is. Die voorloper op die punteleer, die Pumas, […]
# Sakeliga en die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika sal vandag in die Hooggeregshof in Pretoria verskyn om die nuwe kwotas vir gelyke indiensneming te betwis. Die organisasies voer aan die ras- en geslagsgebaseerde kwotas, wat volgende maand in werking sal tree, is sonder behoorlike raadpleging ingestel, sal duur wees en moeilik vir ondernemings om om […]
# AfriForum het die terugbetaling aan inwoners van die onwettige skoonmaakheffing deur die Tshwane Metro verwelkom. Die kreditering volg na ‘n Hooggeregshofbeslissing dat die heffing onwettig en ongeldig is. Arno Roodt van AfriForum sê krediete word aan inwoners gestuur, en spaar die stad meer as 58-miljoen-rand. Roodt warsku die metro dat enige appél belastingbetalers se […]
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta verwelkom die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, se besluit om ondersoek in te stel na bewerings van rassediskriminasie by die Universiteit van Kaapstad. Volgens bewerings het wit studente hoër punte gekry terwyl swart studente onregverdig gepenaliseer is. Makaneta prys die universiteit omdat hy ‘n onafhanklike ondersoek toelaat […]
# Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid se Basiese Landbouvooruitsigte vir 2025 tot 2034 wys dat Suid-Afrika se landbousektor oor die laaste twee dekades beter vertoon het as die land se breër ekonomie. Volgens die buro se direkteur, Tracy Davids, word dit hoofsaaklik aangedryf deur hoë-waarde, uitvoergedrewe kommoditeite. Davids sê stagnerende binnelandse inkomste maak uitvoere […]