# Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen Jannik Sinner is deur na die kwarteindronde van die Weense Ope in Oostenryk. Die Italianer het sy landgenoot Flavio Cobolli verslaan en is steeds op koers om die trofee ‘n tweede keer te wen. Die tweede-gekeurde Duitser Alexander Zverev Duitsland is ook deur na die kwarteindronde 16 nadat hy […]
# Durban Universiteit vir Tegnologie sal volgende week die eindronde van die wêreldwye GISU Stedelike Innovasie- en Entrepreneurskapskompetisie vir die eerste keer in Afrika aanbied. Dit is in vennootskap met die Alliansie van Guangzhou Internasionale Susterstad-Universiteite. Die hoog-aangeskrewe kompetisie bestaan uit studente van 28 universiteite wat 23 verskillende lande verteenwoordig. Vyf entrepreneurstudente, drie vroue en […]
# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het ʼn konsultasiedokument vrygestel oor Eskom se aansoek om die berekeningsmetode vir heffings op verliese van ingebedde kragopwekkers te wysig. Nersa het in Augustus berekeningsfoute in sy vroeëre veeljarige prysbepaling vir die kragverskaffer verduidelik wat gelei het tot hoër tariewe van 54-miljard-rand vir 2026 en 2027. Nersa-woordvoerder Charles Hlebela […]
# Die GOOD-party sê die Stad Tshwane se veelparty-koalisie betaal die prys vir die vorige DA-geleide administrasie se mislukkings, waar dit eenvoudig opgehou het om vir dienste te betaal. Sarah Mabotsa van GOOD sê die reusestyging in die metro se watertenkwa-koste spruit uit twee oorsake. Sy sê dit is die koste van watervoorsiening tydens talle […]
# Die Europese Unie het sy 19de pakket van sanksies teen Rusland aanvaar met banke, kripto-geldeenheid-transaksies, energie infrastruktuur en organisasies in Indië en China as teikens. Die sanksies sluit in ‘n verbod op die invoer van vloeibare aardgas uit Moskou van Januarie 2027 af, strenger reëls oor olietransaksies en nuwe optrede teen skepe wat sanksies […]
# Cosatu het kommer uitgespreek oor die skerp toename in ongereguleerde en onwettige aanlyn dobbelary. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan toenemende digitale toeganklikheid. Dobbelary in die land het ‘n beduidende jaar-tot-jaar groei van 45,7-persent getoon. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê as dit toegelaat word, dreig ongereguleerde en onwettige aanlyn dobbelary om duisende in absolute […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die strafregtelike klagte teen agt leerders van die Hoërskool Milnerton wat betrokke was by die gewelddadige aanval op ‘n Graad 10 leerder, verwelkom. Hulle het gister in die Landdroshof in Kaapstad verskyn op agt aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Borgtog van […]
# Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie ondersteun die 2025 Geïntegreerde Hulpbronplan ten volle en sê dit verskaf ʼn omvattende en gebalanseerde raamwerk om die land se energie-toekoms te verseker. Die hulpbronplan van 2,2-duisend-miljard-rand is ʼn omvattende strategie wat voorkeur gee aan hernubare energie en gas terwyl dit afhanklikheid van fossielbrandstowwe beperk. Die korporasie se woordvoerder, Nikelwa Tengimfene, […]