# Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling gaan voort om sy onbevoegdheid te toon in die toekenning en besteding van noodsaaklike fondse. Volgens die vierde kwartaallikse verslag vir 2024-2025 het die departement 102-miljoen-rand van sy totale begroting nie bestee nie. Refiloe Nt’sekhe van die DA sê hierdie onbestede fondse kon […]
# Rugby: Scott Barrett is terug na ‘n besering om Nieu-Seeland môre aan te voer in die Rugbykampioenskapswedstryd teen Argentinië in Córdoba. Hy sal saam met Fabian Holland op slot begin in een van nege veranderings aan die span wat verlede maand se reeks teen Frankryk in Hamilton afgesluit het. Tupou Vaa’i keer ook terug […]
# Kaapstad se verkeersbeamptes is tans op die toneel van ʼn gewelddadige openbare betoging in die Khayelitsha-area. IN hierdie stadium is die rede vir die betoging nie bekend nie. ʼn Verkeerswoordvoerder, Kevin Jacobs, sê belangrike toegangsroetes word deur die betoging geraak:
# Die bekende jazz-ikone, Jonathan Butler en Themba Mkhize, ontvang vanjaar die Mzantsi Jazz-toekenning vir hul lewenslange bydrae. Vorige ontvangers sluit in Abigail Kubeka, Jonas Gwangwa, Letta Mbulu en Dorothy Masuka. Butler, ʼn Grammy-benoemde sanger en liedjieskrywer, het in Maart ʼn eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch ontvang. Mkhize is ʼn hooggeagte pianis en komponis wat […]
# ActionSA het die Stad Tshwane onder die leiding van burgemeester Nasiphi Moya, geloof vir die skep van 85-persent van Gauteng se nuwe werkgeleenthede. Die jongste kwartaallikse arbeidskragopname wys dat van die tweede kwartaal in 2024 tot die tweede kwartaal vanjaar, die metro 71-duisend van die 83-duisend nuwe werkgeleenthede in Gauteng geskep het. Samkelo Maseko […]
# City Power het onwettige besetting van geboue en gevaarlike elektriese verbindings veroordeel omdat dit lewens in gevaar stel, brandgevaar inhou en Johannesburg se kragnetwerk bedreig. Die nutsbedryf sê dit veroorsaak groot finansiële verliese, verhinder opgradering van die infrastruktuur, ontwrig sakeondernemings en veroorsaak kragonderbrekings vir betalende kliënte. Die woordvoerder van City Power, Isaac Mangena, sê […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê klimaatsverandering verhoog bedreigings, maar is ook ʼn geleentheid om regverdiger, sterker en veerkragtige samelewings te bou. Een van die ambisies van Suid-Afrika se G20-presidentsagenda is om klimaat-finansies te ontsluit. Die regering het verlede jaar die Klimaatsverandering-reaksiefonds gestig om die gevolge van aardverwarming teen te werk. […]