# Die Afrika-Unie steun ‘n veldtog om regerings en internasionale organisasies se gebruik van die 16de-eeuse Mercator-wêreldkaart te staak en vra ‘n kaart wat Afrika se grootte meer akkuraat uitbeeld. Die orspronklike kaart, wat vir skeepvaart geskep is, verdraai die groottes van vastelande en vergroot gebiede soos Noord-Amerika en Groenland, terwyl Afrika en Suid-Amerika ingekrimp […]
# President Cyril Ramaphosa prys die nasionale konvensie van die Nasionale Dialoog as ‘n geskiedkundige platform om Suid-Afrika se uitdagings openlik en met respek aan te pak. Hy het in sy hooftoespraak by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria gesê geen stem is te klein nie en en eenheid in verskeidenheid moet die nasie lei […]
# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, versoek verpligte opleiding in rasse-sensitiwiteit vir die aanbieders van die Open Chats-potgooi nadat neerhalende opmerkings teenoor bruin mense verontwaardiging veroorsaak het. Sinothando Kama en Mthokozisi Mathebula het die gemeenskap gekoppel aan bloedskending en geestelike onbestendigheid. McKenzie veroordeel die opmerkings as haatspraak, maar sê hy verkies […]
# Rugby: Suid-Afrika se twee spanne is oorgehaal vir môre se laaste wedstryde van die Onder-18 Internasionale Reeks in die Paarl. Die afrigters het verskeie veranderings aangebring om meer spelers ‘n kans te gee om op ‘n hoër vlak te speel. Die aksie begin 11.30 wanneer die SA onder-18 ‘A’ span teen Frankryk speel, gevolg […]
# Die DA oefen druk uit vir onmiddellike hervormings in studenteverblyfgeriewe in die land wat deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente befonds word. Die party sê die stap is om te verseker elke sent van die studentebefondsing bevoordeel studente, nie verhuurders, tussengangers of diensverskaffers mryt politiese bande nie. Die DA-lid, Mathlodi Maseko, sê die […]
# Die vakverbond Saftu dring aan op die hervorming van openbare vervoer as ‘n geïntegreerde vervoernetwerk waar taxis dien as voerdienste, e-taxis regverdig gereguleer word, en pendeldienste bekostigbaar, veilig en betroubaar is. Woordvoerder van SAFTU, Asive Dyani, het verwys na die moord op ‘n e-taxi bestuurder in Pimville, Soweto, en gesê die geweld teen e-taxi […]