# Die Organisasie teen Belastingmisbruik het regstappe ingestel in die Hooggeregshof in Johannesburg om die voormalige uitvoerende hoof van die Johannesburgse Eiendomsmaatskappy, Helen Botes, tot misdadige direkteur te laat verklaar. Die organisasie verwys na haar beweerde nalatigheid in die bestuur van die Usindiso-gebou, waar minstens 76 mense in Augustus 2023 in ‘n brand gesterf het. […]
# ‘n Biotegnologie-onderneming in Londen, BioOrbit, ondersoek die moontlikheid om kankerbestrydende medisyne in die ruimte te laat vervaardig waar swaartekrag nie sal inmeng met die proses om die medisyne in behoorlike kristalle te omskep nie. Pasiënte kan dit dan self inspuit en sal nie hoef hospitaal toe te gaan en ure lank te wag vir […]
# Die leier van die DA, John Steenhuisen, het aangekondig dat Cilliers Brink die party se burgemeesterskandidaat in Tshwane gaan wees in volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing. Brink is verlede jaar met ‘n mosie van wantroue uitgedwing. Steenhuisen sê sy rekord bewys dat hy die stad kan omdraai, dienste kan herstel en werksgeleenthede kan skep. […]
# Cilliers Brink het die DA se benoeming aanvaar om die party se burgemeesters-kandidaat te wees in volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing. Hy sê hy is vasbeslote om die werk te voltooi wat onder die DA se leierskap begin is, met die doel om dienste te verbeter, korrupsie aan te pak en infrastruktuur te herbou. […]
# President Cyril Ramaphosa noem die eerste nasionale konvensie van die Nasionale Dialoog die bekendstelling van ‘n miljoen gesprekke om Suid-Afrika se toekoms te vorm. Ramaphosa het by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria gesê Suid-Afrikaners is almal seuns en dogters van dieselfde grond ondanks uitdagings en verskille, want Suid-Afrikaners deel ‘n gemeenskaplike verlede en […]
# Air Canada en sy kajuitpersoneel het nog nie tot ‘n vergelyk gekom nie ondanks regeringsversoeke dat albei partye na die onderhandelingstafel moet terugkeer. ‘n Staking kan reis-reëlings vir tien-duisende passasiers ontwrig. Kanada se grootste lugredery verwag om teen die einde van vandag 500 vlugte te kanselleer voor môre se beplande staking wat ongeveer 100-duisend-passasiers […]
# SAFTU sê vigilante-aanvalle op buitelandse burgers is wettelose dade wat die oppergesag van die reg ondermyn en Suid-Afrikaners sowel as migrante bedreig. Die vakbondfederasie sê die voortdurende verwerping en weiering van toegang tot gesondheidsorg aan migrante is kommerwekkend. SAFTU se woordvoerder, Asive Dyani, sê die organisasie is gekant teen eiegeregtigheid en niemand mag die […]