# President Cyril Ramaphosa gaan die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, ontmoet oor haar opmerkings oor die beweerde infiltrasie van die NVG. Batohi het onlangs beweer sommige aanklaers werk moontlik saam met misdadigers om sake doelbewus te saboteer. Sy het later egter gesê die opmerkings was swak bewoord. Ramaphosa sê die vergadering sal […]
# Die Speaker van Tshwane, Mncedi Ndzwanana, verwerp die DA se beskuldigings en noem dit ongegrond en misleidend. Dit volg na aanleiding van die party se beplande mosie van wantroue. Die DA beskuldig Ndzwanana van tirannie en dat hy die raad soos ‘n diktatorskap bestuur. Die woordvoerder, Sthembiso Sithole, sê vergaderings word billik en in […]
# AfriForum vra vir die opskorting van die omgewingsgoedkeuringsproses vir ‘n voorgestelde steenkoolmyn naby die suidelike grens van die Krugerwildtuin in Mpumalanga. Die burgerregte-organisasie beskuldig die Departement van Minerale en Petroleumbronne en die omgewingskonsultant Kimopax daarvan, dat hulle in die geheim belangrike dokumente hersien en geregistreerde belanghebbendes van ‘n openbare vergadering uitgesluit het. Lambert de […]
# Energiereguleerder Nersa het ‘n lisensiewysiging vir Island View Storage, wat handel dryf as Bidvest Tank Terminals, in Richardsbaai in KwaZulu-Natal goedgekeur. Die wysiging laat toe dat twee nuwe dieselopgaartenks bygevoeg word, elk met ‘n kapasiteit van 15-duisend-kubieke-meter. Die tenks is in aanbou en sal na verwagting teen die einde van hierdie maand voltooi wees. […]
# Die speaker van die Stad Johannesburg se raad, Nobuhle Mthembu, sê sy sal wetstoepassing betrek by raadslede se veiligheid nadat die raadslid vir wyk 130, Thulani Buthelezi, onlangs in Soweto geskiet is. Mthembu veroordeel die aanval en versoek raadslede wat gedreig of geïntimideer is, om dit onmiddellik aan te meld. Sy het politieke partye […]
# Krieket: Marnus Labuschagne en Usman Khawaja sal Australië se kolfbeurt open in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen Suid-Afrika wat môre op Lord’s in Londen begin. Josh Hazlewood is bo Scott Boland verkies om die snelboul-aanval te loods saam met Mitchell Starc en kaptein Pat Cummins. Die veelsydige Cameron Green keer terug na ‘n […]