# Rugby: Argentinië sal met ‘n veranderde span teen die All Blacks te staan kom in vanaand se Rugbykampioenskaps-toets in Cordoba. Hoofafrigter, Felipe Contepomi het sy span herrangskik nadat hy spelers roteer het in hulle laaste drie toetse teen Engeland en Uruguay. Daar is tien veranderings aan die groep wat Uruguay 52-17 geklop het. Santiago […]
# Rugby: Westelike Provinsie is versterk deur die insluiting van twee Junior-Springbok-wêreldkampioene in sy opdrafspan vir vandag se Curriebekerwedstryd teen die Cheetahs in Bloemfontein. Riley Norton maak sy buiging op flank en Gino Cupido speel buitesenter. Die beseerde kaptein, Zain Davids, word vervang deur Gary Porter. Hoofafrigter Labeeb Levy sê sy span is gefokus om […]
# Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op die regering vir dringende ingryping om die dodelike konflik tussen taxi en e-taxi bestuurders te beeïndig. Die gevegte het sedert April tot die verlies van 60 lewens gelei. Die party vra dat premier Panyaza Lesufi en die LUR van Vervoer, Kedibone Diale Tlabela saam met die […]
# Kindersorgwerkers wat in ‘n Australiese staat geskors word, sal nie meer die stelsel kan omseil deur na ‘n ander regsgebied te verhuis nie. Die voorgestelde “verban in een, verban in almal”-wetgewing beteken dat state en streke nou inligting sal deel as iemand se aansoek om met kinders te werk geweier word weens ‘n misdaadrekord […]
# Krieket: Die derde en laaste T20 tussen Suid-Afrika en Australië word vandag in Cairns gespeel. Die reeks is tans gelykop na Suid-Afrika se sprankelende terugveg-oorwinning in die tweede wedstryd, te danke aan ‘n skitterende honderdtal deur Dewald Brevis. Die voormalige kaptein van Victoria, Adam Crosswaite, het dit op ABC radio beskryf as een van […]
# Die Wes-Kaap het ekonomiese groeiteikens verlaag te midde van die Amerikaanse tariewe van 30-persent. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, poog om die provinsie se BBP-groeiteiken van vyf-persent teen 2035 tot drie-persent per jaar te verminder. Die provinsie se Groei vir Werkgeleenthede-teiken van duisend-miljard-rand is hersien na 700- tot 800-miljard-rand. […]
# Business Leadership South Africa het die hervorming-opsporing-stelsel bekendgestel, ‘n aanlynplatform wat die vordering van bykans 240 regeringshervormings monitor, wat die ekonomie, regering en strafregspleging raak. Die eerste oorsig het 26 voltooide hervormings aangeteken, 59 met sterk vordering, 108 op koers maar wat nog aandag benodig; en 19 wat voor groot struikelblokke staan, met noemenswaardige […]
# Die Stad Johannesburg beplan om sy omstrede verordening op privaat kringtelevisie te herroep. Dit het vereis dat privaat kameras wat op openbare ruimtes uitkyk, geregistreer moet word, en die deling van beeldmateriaal beperk is. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging, AfriForum en die Organisasie teen Belastingmisbruik in regstappe aangevoer het die verordening is ongrondwetlik […]
# Die Stad Kaapstad nooi die publiek uit om kommentaar te lewer op sy opgedateerde konsep Verkeerskalmeringsbeleid tot 13 September. Die beleid beoog om verkeersveiligheid te versterk, met die prioritisering van kwesbare gebruikers en skoolomgewings, terwyl dit meer plooibaarheid in die ontwerp en toepassing toelaat. Sleutelveranderings sluit in uitgebreide ingryping, beleidsuitsonderings vir omgewings met swaar […]