# Die Forum for South Africa doen ‘n beroep op die regering om die storting van hoenders en varkvleisprodukte van Amerika na plaaslike markte te beeïndig. FOSA waarsku die invoere bedreig plaaslike boere, fabrieke en poste, en kan werkloosheid en armoede vererger. Tebogo Mashilompane van die Forum doen ‘n beroep op die owerhede om die […]
# AfriForum sê die Stad Johannesburg se besluit om sy omstrede kringtelevisie-verordening te herroep, is ‘n groot oorwinning vir inwoners. Die verordening, wat in die Hooggeregshof in Johannesburg as ongrondwetlik verklaar is, sou kameras in openbare en privaat ruimtes reguleer. Die organisasie het metro’s gewaarsku om gemeenskapsveiligheidsnetwerke te respekteer. Jacques Broodryk van AfriForum sê die […]
# Spaanse brandbestryders veg verbete teen 14 groot brande waarin sewe mense dood is. Sterk wind en verswelgende hitte veroorsaak die brande. Owerhede waarsku teen ongunstige toestande terwyl ‘n gebied wat so groot is soos Londen reeds afgebrand het. Brande woed regoor Suid-Europa in een van die ergste somers vir veldbrande in 20 jaar. Spanje […]
# Saftu verwelkom die EFF se indiening van die Wetsontwerp op Inkontraktering in die Parlement. Die vakbond sê die wetsontwerp is ‘n belangrike stap om uitbuiting van werkers en korrupsie te beëindig wat verband hou met uitkontraktering in die openbare en privaat sektor. Saftu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, vra voorts dat die wetsontwerp op alle […]
# Suid-Afrikaanse Nasionale Parke bied weer gratis toegang tot die meeste van sy 21 parke tydens Nasionale Parkeweek van 22 tot 26 September, met sommige wat tot 28 September sal oop wees. Die week begin met ‘n viering by die Mopani-ruskamp in die Krugerwildtuin in Limpopo op 21 September. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê […]
# Gemengde gevegskuns: Die Suid-Afrikaanse UFC-middelgewig-wêreldkampioen, Dricus du Plessis, gaan waarskynlik voor sy grootste uitdaging te staan kom in môre se geveg teen die Rus Khamzat Chimaev in Chicago, Amerika. Dit sal “Stillknocks” se derde verdediging van sy titel wees na sy oorwinnings oor die Nigeries-gebore Nieu-Seelander Israel Adesanya en die Amerikaner Sean Strickland. Die […]
# Rugby: Ellispark gaan na verwagting nie stampvol wees wanneer die Springbokke en die Wallabies mekaar vandag pak in die eerste ronde van die Rugbykampioenskap nie. ‘n Paar duisend kaartjies was laat gister nog beskikbaar vir die stadion met 62-duisend sitplekke, teen tussen een-duisend-en-50- en vier-duisend-rand. SA Rugby se uitvoerende hoof, Rian Oberholzer, is egter […]
# Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake, Mosa Chabane, veroordeel die brand by die departement se gebou in Germiston aan die Gautengse Oos-rand en dring aan op ‘n vinnige ondersoek en vervolging. Vier beskuldigdes is nou aangekeer. Die 30-jarige Malwande Tukula en die 64-jarige Mandisa Mboxwana het ook in die plaaslike Landdroshof […]
# Die DA gaan vrae in die Parlement aan die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, rig en aandring op ‘n volledige openbaarmaking van kostes, fondse wat ingesamel is, en die besteding op die SANW se weelderige gholfdag by Pinnacle Point in Mosselbaai op 19 September. Die party sê die aanbieding is om […]