# Aandele het gestyg op die tweede dag van die jongste ronde handelsgesprekke tussen China en die VSA, met een van president Donald Trump se topraadgewers wat sê hy verwag ‘n ooreenkoms. Daar is optimisme dat die onderhandelings markte sal kalmeer en spanning tussen die ekonomiese supermoondhede sal verlig, nadat Trump verlede week sy Chinese […]
# Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê hy is geskok en diep bedroef oor die moord op Stellenbosch se gewese onderburgemeester. Nyaniso Jindela is gisteraand in Kayamandi doodgeskiet. GOOD sê hy was ‘n vooraanstaande figuur in plaaslike regering wat ‘n belangrike rol gespeel het in diens van Kayamandi se gemeenskap. Robin Hendrikse van GOOD sê […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank ondersoek Young Women in Business Network Mutual Bank en sy stigter, Nthabeleng Likotsi, vir beweerde verskaffing van valse inligting tydens sy aansoek. Die ondersoek volg op ‘n geskil van nege-miljoen-rand met Afribiz Financial Services wat beweer dat hy vir ‘n belang van 26-persent in die bank betaal maar slegs ‘n aanbod […]
# Kenners, opvoeders en beleidmakers het weereens gevra vir die dringende bekendstelling van entrepreneurskap in Suid-Afrikaanse skole. Verskeie belanghebbers het onlangs in Kemptonpark die belangrikheid van vaardigheidsgebaseerde onderwys bespreek is. Die inisiatief het reeds by sekere skole begin, danksy internasionale steun wat die regering se benadering ondersteun. Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê […]
# Die regering vra inwoners om veilig te bly en warm aan te trek te midde van swaar reën, sneeuneerslae en koue weerstoestande in dele van die land. Mense word aangeraai om indien moontlik, binnenshuis te bly, reis te beperk en blootstelling aan buitelug te vermy, veral bejaardes, kinders en mense met chroniese siektes. Die […]
# Vyf mense is vanoggend dood toe ʼn minibustaxi-bestuurder beheer oor die voertuig verloor en dit op die N2 tussen Cintsa en Braakfontein in Oos-Kaap omgeslaan het. Die woordvoerder van die provinsiale Departement Vervoer, Unathi Binqose, sê die bestuurder en ‘n vroulike passasier is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Hy sê ʼn saak […]
# Die Wes-Kaapse polisie het begin met ‘n ondersoek na die moord op die voormalige onderburgemeester van Stellenbosch. Die 59-jarige Nyandiso Jindela is gisteraand in Kayamandi doodgeskiet. Polisiewoordvoerder Wesley Twigg sê Jindela is met ‘n skietwond aan sy keel gevind en mediese personeel het hom op die toneel dood verklaar: