# Die liggame van drie leerders is gevind nadat hulle skoolbus deur vloedwater meegesleur is in die Dikolini-gebied naby Mthatha in die Oos-Kaap. Inwoners het naby die oewer van die rivier afgekom op die liggame van ‘n meisie en twee seuns. Daar was 13 leerders, nog twee passassiers en die bestuurder in die voertuig. Gister […]
# Moroadi Cholota se regspan oorweeg hul volgende stap nadat die Hooggeregshof in die Vrystaat beslis het haar uitlewering uit die VSA was onregmatig. Cholota se prokureur, Piet Tebane, sê hulle kyk na regstellende optrede omdat haar grondwetlike regte geskend is. Cholota was die voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule se persoonlike assistent en word verbind […]
# Gholf: Die verdedigende kampioen, Bryson DeChambeau, slaan saam met Xander Schauffele en José Luis Ballester af in die eerste twee rondes van die Amerikaanse Ope, wat môre begin. Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, wat agtereenvolgende groot titels jaag, is saam met Collin Morikawa en Viktor Hovland in ‘n groep. Rory McIlroy speel saam met sy […]
# Die DA sê die minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane, se debakel rondom die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid beklemtoon die behoefte aan strenger parlementêre oorsig oor alle aanstellings deur ministeriële rade. Die minister het die aanstellings van SETA-raadsvoorsitters teruggetrek ná openbare teenkanting. George Michalakis van die DA sê hulle gaan vandag skriftelike vrae rig […]
# Reddingspanne in Mthatha in die Oos-Kaap het die skoolbus herwin wat deur vloedwater in die Dikolini-rivier meegesleur is. Daar was 13 leerders, nog twee passassiers en die bestuurder in die voertuig. Geen liggame is binne-in gevind nie. Drie leerders is gister gered. Owerhede sê die soektog na die ander insittendes duur voort, en voeg […]
# President Cyril Ramaphosa sê die verwoesting wat natuurkragte bring, vereis dat almal saamwerk om verligting te bring aan gesinne en gemeenskappe wat dit die nodigste het. Dit volg op die oorstromings in die Oos-Kaap waar nege mense verdrink het. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê nasionale, provinsiale en munisipale regerings, asook die Nasionale Rampbestuursentrum, […]
# Build One South Africa verwelkom president Cyril Ramaphosa se aankondiging van ʼn nasionale konvensie in Augustus om ʼn Nasionale Dialoog van stapel te stuur. Die konvensie sal die agenda bepaal vir die land se pad vorentoe en die vordering na Visie 2030 ondersteun. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê dis ʼn positiewe en noodsaaklike […]