# Rugby: Die Suid-Afrikaners Griffin Colby en Quinton Immelman is ingesluit op die lys wedstrydbeamptes vir die komende Onder 20-rugbykampioenskap in Italië. Colby sal as wedstrydskeidsregter optree terwyl Immelman as televisie-wedstrydbeampte betrokke sal wees. Die paneel sluit tien skeidsregters en vyf televisiebeamptes in. Die wêreld se 12 beste spanne sal van 29 Junie tot 19 […]
# ‘n Personeellid van Laerskool Dalmondeor in die suide van Johannesburg is in hegtenis geneem vir die beweerde seksuele aanranding van ‘n graad 2-leerder. Die woordvoerder van die Gautengse Onderwysdepartement, Steve Mabona, sê haar ma beweer die kind is verlede Woensdag deur die algemene assistent in een van die skool se kleedkamers aangerand. Hy sê […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê president Cyril Ramaphosa sal binnekort die datum aankondig vir die nasionale dialoog wat daarop gemik is om Suid-Afrika se dringende uitdagings aan te spreek. Die dialoog sal die regering, die burgerlike samelewing, kerke, tradisionele leiers en politieke partye bymekaarbring. Mashatile het die Nasionale Raad van Provinsies toegespreek en gesê die […]
# Die DA verwelkom die Reserwebank se rentekoersverlaging as noodsaaklike verligting vir sukkelende huishoudings. Die DA se woordvoerder oor Finansies, Mark Burke, sê egter dis geensins ‘n plaasvervanger vir langtermynhervormings nie. Burke bepleit verbeterde staatsbesteding, betrokkenheid vanaf die privaat sektor en minder rompslomp om volhoubare groei aan te vuur. Hy sê Suid-Afrikaners verdien ‘n regering […]
# Tennis: Wêreldnommer sewe, Casper Ruud van Noorweë, beskryf die wêreldranglys as ‘n dolle gejaag. Hy sê dit lei daartoe dat spelers selfs met beserings aan verpligte toernooie deelneem. Die 26-jarige Ruud, wat twee keer die eindstryd van die Franse Ope gehaal het, is in die tweede ronde by Roland Garros deur die ongekeurde Portugese […]
# Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, verwelkom die lewenslange vonnisse wat aan Kelly Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn opgelê is vir die ontvoering en mensehandel verlede jaar met Smith se dogter, Joshlin Smith. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap het bevind dat die drie geen berou getoon het nadat hulle Joshlin vir 20-duisend-rand […]
# Mauritanië se voormalige minister van Finansies, Sidi Ould Tah, is verkies tot die nuwe president van die Afrika-ontwikkelingsbank en gaan die onttrekking van Amerikaanse finansiering uit die instelling aanpak. Die wenner moes ‘n meerderheid stemme van al 81 lidlande verseker, asook ‘n meerderheid van die 54 Afrika-nasies wat deel van die bank is. Hy […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile dring daarop aan dat hy niks het om weg te steek nie. Hy sê hy het homself aan alle relevante toesighoudende instellings onderwerp te midde van voortdurende bewerings teen hom. In sy mondelinge antwoord op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies het Mashatile bevestig dat hy al sy belange aan […]
# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê sekerheid by die NASREC-eksposentrum in Johannesburg sal opgeskerp word tydens die Amerikaanse president, Donald Trump, se besoek aan Suid-Afrika vir die G20-leiersberaad in November. Sy sê hoëvlak beskerming is ook van toepassing op enige ander wêreldleier wat die beraad bywoon. Ntshavheni ontken bewerings dat Trump se […]