# Basketbal: Gauteng se Toerisme-owerheid sê die aanbieding van vanjaar se Afrika-liga-eindtoernooi sal ‘n hupstoot wees vir toerisme en Pretoria se ekonomie bevoordeel. Die geleentheid in die SunBet-arena van ses tot 14 Junie sal na verwagting duisende plaaslike en internasionale besoekers lok. Ondersteunersones, kulturele uitstallings en bedrywighede vir die jeug sal aangebied word. Amptenare hoop […]
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê twee frontale stelsels word hierdie week oor die land verwag. ‘n Kouefront sal vandag die kus aan die suidwestelike deel van die land bereik, wat nat, koue en winderige toestande oor die westelike dele van die Wes-Kaap sal meebring. ‘n Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê die nat en koue toestande sal […]
# Tshwane se nooddienste moedig inwoners aan om deel te neem aan die bewusmakingsveldtogte oor brande in gemeenskappe. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens hou twee kouefronte dop wat na verwagting koue en nat weer na groot dele van die land sal bring. Die nooddienste se woordvoerder, Tebogo Maake, sê baie inwoners gebruik lampolie en gasverwarmers, elektriese komberse […]
# Die DA-leier John Steenhuisen sê die belangrikste sake op sy lys sal die vestiging van handelsbande tussen Suid-Afrika en Amerika wees, veral op landbougebied. Steenhuisen, in sy hoedanigheid as minister van Landbou, is deel van president Cyril Ramaphosa se afvaardiging om in Amerika met president Donald Trump en senior amptenare te vergader. Hy sê […]
# Krieket: Engeland se toetskaptein, Ben Stokes, sê hy het drank gelos om vinniger te herstel van sy jongste agterkniesening-operasie. Hy sal na verwagting terugkeer in die eenmalige toets teen Zimbabwe wat Donderdag op Trent Bridge begin nadat hy van Desember op die krukkelys was nadat hy sy linker-agterkniesening geskeur het in Nieu-Seeland. Stokes het […]
# Die Stad Kaapstad se Direktoraat vir Water en Sanitasie nooi inwoners om kommentaar te lewer oor ʼn voorstel om eksterne diensverskaffers aan te stel om vier watersuiweringsaanlegte te bedryf en in stand te hou. Dit sluit drie bestaande afvalwateraanlegte in, asook die nuwe akwifeer-herlaaifasiliteit wat tans op die Kaapse Vlakte in aanbou is. Die […]
# Die Stad Kaapstad sal 200 bykomende beddens aan elf uitgesoekte skuilings verskaf as deel van sy wintervoorbereidingsprogram. Skuilings sal ook voedselpakkies, toiletware, matrasse en beddegoed ontvang. U-turn Homeless Ministries het die ernstige uitdagings uitgelig wat skuilings gedurende die winter ondervind, en die behoefte aan deurlopende openbare steun en politieke wil beklemtoon. Stephen Underwood van […]
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy is bereid om ʼn ooreenkoms met Hamas aan te gaan, ondanks die Israelse Weermag se uitgebreide operasie in Gaza die naweek waarin meer as 100 mense dood is. Hamas en Israel het Saterdag in die Katarse hoofstad, Doha, met onregstreekse samesprekings begin. Netanyahu sê die onderhandelingspan […]