# Gholf: Die wêreld se nommer-een speler, Scottie Scheffler, het ‘n vier houe agterstand in vyf putjies uitgevee en die BMW Kampioenskap in Baltimore, Maryland gewen. Dis sy 18de PGA Toernooi-titel. Die Amerikaner het afgesluit met ‘n drie onder baansyfer 67 vir ‘n oorwinning van twee houe oor die Skot Robert MacIntyre en is nou […]
# Die vakbond Numsa sê die ANC is ʼn kapitalistiese staat wat die eiendom en wins van die oorheersende minderheid beskerm. Die vakbond sê die Marikana-slagting sou nooit plaasgevind het as die ANC-regering verbind was om die land se ekonomie tot voordeel van die werkersklas te hervorm nie. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê slegs ʼn sosialistiese […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 18 Augustus 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Departement van Minerale en Petroleumbronne sê ‘n onlangse Wes-Kaapse hofuitspraak wat die regering se magtiging vir boorwerk in die see by Mosselbaai deur TotalEnergies tersyde stel, benadeel Suid-Afrika se mededingendheid. # En die Netwerk24-webblad: Berig eerstens oor die […]
# Die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, ontken die Daily Maverick-joernalis, Pieter-Louis Myburgh, se bewerings van omkopery. Sy en die trust se woordvoerder, Phasha Makgolane, is op kamera betrap waar hulle die joernalis omkoopgeld van 60-duisend-rand aanbied om die ondersoek na Malaka te staak. Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, […]
# Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het gister se betogings veroordeel en sê dit versterk Hamas se posisie en belemmer die gyselaars se vrylating. Duisende Israeli’s het aan landwye betogings deelgeneem met die grootste skare in Tel Aviv se Gyselaarplein. Hulle vra ʼn einde aan die Gaza-oorlog en ʼn ooreenkoms dat Hamas die res […]
# Motorsport: Die sesmalige MotoGP-kampioen, Marc Márquez, het die Oostenrykse Grand Prix gewen in sy eerste oorwinning in die Red Bull Ring. Die Ducati-ryer het die voorloper Marco Bezzecchi in die 20ste ronde verbygesteek en sy sesde agtereenvolgende sege van die seisoen behaal. Die nuweling Fermin Aldeguer is tweede en Bezzecchi derde. Die Suid-Afrikaner Brad Binder […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het bepaal dat die Matjhabeng-munisipaliteit in die Vrystaat nie in 2023/2024 en 2024/2025 fondse van die Uitgebreide-openbarewerkeprogram verkwis het nie. Dit volg ná ʼn ondersoek na bewerings dat die program in die munisipaliteit gebruik is om salarisse van gewese raadslede en sittende politieke amptenare te […]