# Zach Cregger se geheimsinnige gruwelrolprent Weapons bly na die tweede naweek van die vrystelling steeds die topverkoper in Noord-Amerika. Die gruwelfilm met sy R-ouderdomsbeperking, is die vyfde opeenvolgende treffer vir Warner Brothers vanjaar. In die tweede plek is Disney se Freakier Friday, waarin Jamie Lee Curtis en Lindsay Lohan weer saam te sien is. […]
# Ses-en-veertig gesinne wat onlangs van Eskom se Nasionale Transmissiemaatskappy se Perseel 37 in Langa verskuif is, het nou elektrisiteit. Dit volg nadat die metro onlangs inwoners wat onder die NTCSA-kragmas bly, verskuif het omdat dit erg onstabiel geword het weens beskadiging en vandalisme. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê die aanskakeling bring veilige […]
# Die Kaapstadse polisie het ‘n ondersoek begin nadat drie liggame met skietwonde Saterdagaand in Muizenberg gevind is. Die liggame van die man en twee vroue tussen 29- en 32-jaar is in Mike Place, Xakabantu, aangetref. Die voorval hou na bewering verband met die vrylating van ‘n berugte bendelid uit die tronk. Die polisiewoordvoerder, Andrè […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge vra die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke om rasgebaseerde beleid te verwerp. Hy sê as hulle dit nie doen nie, sal dit lei tot die voortsetting van onnodige lyding en armoede. Die instituut het aan die raad geskryf en sê baie mense slaan ag op die raad se morele leierskap. Die […]
# Die Departement van Gesondheid in Gauteng sê die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal stel van volgende maand af nuwe daaglikse besoekure in. Besoekure, insluitend naweke, verander van die huidige 1 nm tot 3 nm na 2 nm tot 4 nm. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê dit volg op ‘n konsultasieproses met […]
# Die Forum for South Africa sê die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, moet werkers van die Uitgebreide Openbarewerkeprogram by die Matjhabeng-munisipaliteit in die Vrystaat verskoning vra. Dit volg ná ʼn ondersoek bevind het die munisipaliteit het die program se fondse vir goedgekeurde projekte na behore gebruik. Vroeër is berig die fondse […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad verwerp berigte dat hy na bewering mense beveel om nie privaat vervoer te gebruik of familielede te vervoer nie, en beskryf die berigte as vals en misleidend. Dit volg na foto’s en video’s op sosiale media waarin beweer word Santaco-lede teister motoriste en verbied hulle om meer as een passasier […]
# Meer as 260 aandenkings van die bekroonde Britse reeks Downton Abbey gaan opgeveil word. Dit sluit in van die Grantham-familie se motor tot die trourok wat Michelle Dockery as Lady Mary vir haar eerste troue met Matthew Crawley gedra het, en die ikoniese Downton Abbey-klokkemuur. Die reeks se uitvoerende vervaardiger, Gareth Neame, sê hierdie […]