# Die DA in Johannesburg verwerp City Power se plan om elektrisiteit na ʼn hele buurt af te sny tot 80-persent van huishoudings kan bewys hulle krag-aankope is wettig. Die kragvoorsiener sê dis om onwettige verbindings te hanteer wat infrastruktuur beskadig en die hele kragnetwerk in gevaar stel. Tyrell Meyers van die DA sê die metro […]
# Business Leadership South Africa sê die land se werkloosheidsyfer van 32,9-persent weerspieël ʼn ekonomie wat versmoor onder strukturele ondoeltreffendheid, wat wel herstel kan word met dringende hervormings. Die organisasie het verlede week sy Reform Tracker bekendgestel wat die regering se instelling van belangrike ekonomiese, bestuurs- en strafreghervorming monitor. Uitvoerende hoof Busisiwe Mavuso sê in […]
# Inwoners van Ga-Rankuwa in Tshwane hou vandag ʼn beplande betoging oor swak dienslewering. Inwoners betoog oor voortslepende kragonderbrekings, beweerde korrupsie wat munisipale rekeninge betref, swak toestand van paaie, stukkende straatligte, verstopte riool- en stormwater-dreine. Die optog begin negeuur by Cassandra Park en beweeg dan na die Ga-Rankuwa munisipale kantoor in Sone Vyf. Die polisie […]
# Die Gautengse Onderwysdepartement sê hy is bewus van kommer oor water, elektrisiteit en sanitasie by Theresa Park Primary en Secondary School. Die departement het by die Stad Tshwane aansoek gedoen vir dienste, maar dis hangende tot hersoneringsvereistes afgehandel is. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê terwyl die proses voortgaan, word tussentydse reëlings getref. […]
# President Donald Trump van Amerika sê sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodymyr Zelensky, kan die oorlog met Rusland feitlik onmiddellik beëindig as hy wil. Zelensky en Trump vergader vandag in die Withuis, waar ander belangrike Europese leiers dit ook sal bywoon. Trump het op sy Truth Social-platform gesê ʼn onderhandelde vredesooreenkoms met Rusland sal nie insluit […]
# Die voorspraakbeweging Soil of Africa sê hy gaan die Laerskool Uane in Mamelodi-Oos vandag sluit. Dit volg op bewerings van korrupsie van die skoolhoof en bestuursliggaam en die wanbesteding van fondse. Joseph Maake van die beweging sê hulle sal nie die misbruik van hulpbronne wat vir onderwys, groei en ontwikkeling van kinders bedoel is, […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Iga Swiatek van Pole, kom teen die Italianer, Jasmine Paolini, te staan in die Cincinnati Ope se eindstryd. Swiatek, die heersende Wimbledon-kampioen, het Elena Rybakina van Kazakstan maklik geklop terwyl Paolini met die Rus, Veronika Kudermetova, afgereken het. Swiatek het al vyf haar vorige wedstryde teen Paolini gewen, insluitend verlede jaar […]