# ActionSA in Tshwane het die skenking van 45 nuwe skootrekenaars en sakke aan die top-presteerders van Seshegong Secondary School en Steve Tshwete High School in Centurion verwelkom. Die rekenaars is aan leerders wat aan die Stad Tshwane se loopbaan-expo in Centurion deelgeneem het, geskenk. Henriette Frohlich van ActionSA sê die skootrekenaars sal sorg vir […]
# Twee studente van die Universiteit van KwaZulu-Natal het gesogte nasionale toekennings van die Geologie-vereniging van Suid-Afrika ontvang. Dis ter erkenning van hul akademiese uitnemendheid en buitengewone bydraes tot geologiese navorsing. ‘n Mariene-geoloog en MSc-gegradueerde, Tamera Heeralal, het die 2025 John Handley-toekenning vir die beste MSc-tesis in Geologie aan ‘n Suid-Afrikaanse universiteit ontvang. ‘n Huidige […]
# Die Tsitsikamma-afdeling van die Tuinroete Nasionale Park het onlangs ʼn skenking aan die Krakeel Primary School gemaak. Dit sluit in 100 paar skoolskoene en sokkies, 100 hemde en broeke en 36 pakkies sanitêre doekies. Die projek volg na ʼn skenking van 200 paar skoolskoene in die Tsitsikamma-gebied verlede jaar as deel van die park se Terug […]
# Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê die ontydige dood van ‘n ses-jarige graad R-meisie van Letsatsing Primary Mine School in Carletonville, Gauteng, is hartseer. Sy is beseer toe sy Vrydag op ‘n skoolbus geklim het en is in die hospitaal oorlede. Die Gautengse Onderwysdepartement het die tragedie as ‘n fratsongeluk beskryf. Makaneta sê die dringendheid […]
# Gauteng se LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, vergader vandag weer met openbare vervoeroperateurs in Soweto om blywende oplossings te vind vir probleme wat die sektor raak. Dit volg na hernude geweld waarin een persoon Woensdag by die Maponya-winkelsentrum dood en twee beseer is. Tydens verlede week se vergadering is besluit alle openbare vervoeroperateurs […]
# Die polisie in Tshwane het die naweek 319 verdagtes aangekeer vir verskillende misdade tydens Operasie Shanela in Atteridgeville. Die optrede is deel van die polisie se beleid van geen verdraagsaamheid teen misdaad. Vyf-en-sestig verdagtes word verdink van geslagsgeweld, drie van moord, ses van gewapende roof, een van myneed, drie van die besit van onwettige […]
# Die polisie in Tshwane het ʼn man aangekeer wat hom na bewering sedert 2012 voorgedoen het as ʼn werknemer van die metro by die Rietvlei-watersuiweringsaanleg. Hy het glo onder die naam Prince gewerk en Mohlaume Geoffrey Mamabolo se identiteit gebruik. Die metro se woordvoerder, Selby Bokaba, sê die Departement van Binnelandse Sake het bevestig […]