# Die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie het aangekondig professor Brian Figaji is sy nuwe kanselier. Die universiteitsraad het die aanstelling vroeër vandeesmaand goedgekeur en Figaji het Sondag amptelik die rol vir ‘n vier-jaar-termyn aanvaar. Figaji was voorheen rektor van die voormalige Skiereiland Technikon, wat twee dekades terug met die Kaapse Technikon saamgesmelt het om […]
# Die Stad Tshwane het ‘n gids vir beleggingsaansporing bekendgestel om ondernemings en beleggers te lei en om ekonomiese groei en werkskepping te bevorder. Burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Omgewingsbeplanning, Sarah Mabotsa sê die gids plaas die kollig op finansiële en nie-finansiële aansporings, sektordata, en geleenthede. Dit volg na die Beleggingsberaad wat 86-miljard-rand in privaatsektorbeloftes […]
# Die man wat skuldig bevind is aan die moord op Thembekile Letlape sal Donderdag gevonnis word. Sibusiso Zitha het vanoggend in die Johannesburgse Hooggeregshof verskyn. Hy het skuldig gepleit dat hy Letlape verskeie kere met ‘n mes gesteek het, tydens ‘n argument in Mei by haar woning in Fourways, ten aanskoue van haar tienjarige […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê hy gaan sekuriteitsmaatreëls by die ongebruikte Kemptonpark Hospitaal verander om koste te besnoei en die hospitaal veilig te hou. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die Gautengse Infrastruktuur-befondsingsagentskap stel ondersoek in om te bepaal of die ou hospitaal opgeknap of eerder gesloop moet word om plek te maak vir […]
# Atletiek: Zakithi Nene van Suid-Afrika het deurgedring na die eindronde van die mans 400-meter op die wêreldkampioenskap in Tokio, Japan. Hy het sy uitdun in die vyfde vinnigste tyd gewen, maar sy landgenoot Lythe Pillay het uitgeval. Drie atlete van Botswana gaan aan die eindronde deelneem. Busang Kebinatshipi se tyd van 43,61-sekondes is tans […]
# AfriForum versoek gemeenskappe en munisipaliteite hierdie lente vir uiterste weerstoestande voor te berei. Die nasionale rampbestuursentrum en die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen bogemiddelde reën in die noordoostelike dele van die land, hoër temperature en veldbrand-gevare, oorstromings, sterk wind en selfs sneeu. Tarien Cooks van AfriForum het verwys na die verwoestende 2022-vloede in KwaZulu-Natal en […]
# Die DA in die Wes-Kaap veroordeel die onlangse toename in wreedaardige geweld in Kraaifontein, Mfuleni en Steenberg in Kaapstad, waar verskeie mense vermoor of beseer is in vermeende bende-verwante aanvalle. Volgens die party kan onder-befondsde en oorbelaste polisiestasies nie doeltreffend optree nie. Benedicta van Minnen van die DA vra die nasionale regering om meer […]
# Robert Redford, die hartebreker Hollywood-akteur en Oscar-wenner regisseur is oorlede in die ouderdom van 89. Sy agent, Cindi Berger, het aan CNN gesê hy het in sy huis in Sundance in die berge van Utah, omring deur sy geliefdes, gesterf. Beroemd vir hoofrolle in Butch Cassidy and the Sundance Kid en All the President’s […]