# Business Leadership South Africa waarsku dat die regering hervorming moet versnel as hy die werkloosheidsyfer van 33,2-persent wil verminder. Die uitvoerende hoof van BLSA, Busisiwe Mavuso, het in haar weeklikse nuusbrief gesê, terwyl daar vooruitgang gemaak is met die beeïndiging van beurtkrag en die verbetering van hawens, hou vertragings in hawe-konsessies sistemiese risiko’s in. […]
# Die Johannesbyurg Metro Polisiedepartement het bevestig daar is verlede week 186 motoriste in hegtenis geneem vir dronkbestuur. Die arrestasies is uitgevoer in geteikende padversperrings, patrollies en vinnige reaksies in die stad. Die woordvoerder, Xolani Fihla, sê die oefening is deel van voortgesette zero-verdraagsaamheidveldtogte teen dronkbestuur. Hy waarsku die syfers is kommerwekkend en vra motoriste […]
# Die Munisipale Afbakeningsraad gaan binnekort met die Verkiesingskommissie vergader oor die pad vorentoe vir volgende jaar se plaaslike regeringverkiesing. Dit volg op die raad se besluit na landswye beraadslaging, om nie munisipale grense te wysig nie. Die kommissie het die raad ses maande gegee om die proses af te handel, wat die bepaling van […]
# Die Munisipale Afbakeningsraad het ná ‘n landwye raadplegings- en navorsingsproses besluit om geen munisipale grense te verander nie. Die besluit raak 13 gevalle in 18 munisipaliteite, insluitend Ventersdorp, Tlokwe, Qwaqwa, Mjindi en Naledi. Sekere gemeenskappe beplan hofstappe, maar die uitvoerende hoof Manye Moroka het gewaarsku dit kan die afbakening van wyke voor die 2026-verkiesing […]
# Die DA in Limpopo vra dat ‘n onafhanklike wildbestuurspesialis dringend die toekoms van die renosters ondersoek wat vanuit Polokwane hervestig is. Die renosters is in 2017 na ‘n onbekende reservaat verskuif na ‘n stropingsvoorval. Mariëtte Pretorius van die DA sê ‘n onafhanklike bestuurspesialis moet ‘n koste- en waarde-ontleding doen en aanbevelings doen oor die […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het gehoor daar bestaan ‘n dooiepunt tussen die voormalige Zambiese president Edgar Lungu se familie en die Zambiese regering oor waar hy begrawe moet word. Die saak is Vrydag uitgestel vir onderhandelinge. Adjunk-regterpresident Aubrey Ledwaba het voorheen ten gunste van die staat beslis en ‘n staatsbegrafnis in Zambië goedgekeur. Die […]