#Die hoof van die Gift of Givers se Soek- en Reddingseenheid, Ahmed Bham, sê soek- en reddingspogings gaan verskerp word na die ernstige oorstromings in die Oos-Kaap wat 88 lewens, insluitend diè van ‘n tien-jarige meisie van Libode, geëis het. Tot nou toe is 83 lyke uitgeken en 56 is aan hul familie oorhandig terwyl […]
# President Cyril Ramaphosa en die Kanadese eerste minister, Mark Carney, het bilaterale gesprekke gevoer aan die vooraand van die uitreiksessie van die G7-beraad wat vandag in Alberta begin. Ramaphosa word vergesel van die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Ronald Lamola en verteenwoordig die enigste Afrikaland wat genooi is. Kanada is tans gasheer vir […]
# Motorsport: George Russell het Sondag in die Kanadese Grand Prix Mercedes se eerste oorwinning van die seisoen behaal na ‘n botsing tussen die twee McLaren-bestuurders. Die Brit het die viermalige wêreldkampioen Max Verstappen van Red Bull geklop en daarmee sy vierde loopbaanoorwinning behaal. Sy tiener-spanmaat Kimi Antonelli was derde. Die kampioenskapvoorloper Oscar Piastri van […]
#Motorsport: Lewis Hamilton sê hy is geskok nadat hy gehoor het dat hy ‘n marmot in die Kanadese Grand Prix doodgery het. Die slag het vloer van sy Ferrari aansienlik beskadig en sy wedrenprestasie geaffekteer. Hamilton se Franse bulhond genaamd Roscoe word gereelds saam met hom by wedrenne gesien. Hy sê hy het nie die […]
#Die polisie in Rustenburg, Noordwes, soek na gewapende verdagtes wat oor die naweek ‘n bejaarde egpaar, George en Wilma Koster, in die parkeerterrein van ‘n winkelsentrum doodgeskiet het. Die polisie doen ‘n beroep op enige ooggetuies om inligting te verskaf. Hulle waarsku dat die verdagtes gewapen en gevaarlik is. Enige iemand met inligting oor die […]
# Die Departement van Basiese Onderwys en die Universiteit van die Wes-Kaap bied ‘n Jeugdag-dialoog aan wat fokus op taalgeregtigheid en jeugbemagtiging. Die geleentheid word in samewerking met organisasies soos die Trevor Noah-stigting en Kagiso Trust, aangbied met die tema “Taal Ons Vryheid” wat die Soweto-opstande van 1976 herdenk. Dit verken ook die rol van […]
# Telkom vier Jeugdag deur noodsaaklike digitale vaardigheidsopleiding en 210 IKT-leerlingskappe vir Suid-Afrikaanse jeug aan te bied. Deur die Telkom-stigting het hulle met Microsoft en Netcampus saamgewerk om ‘n gratis KI-vlotheidskursus vir 100-duisend jongmense aan te bied. Die inisiatief sluit in webinare deur kundiges en die kans om internasionale Microsoft-sertifisering te verwerf. Telkom sê jongmense […]