# Die DA in Tshwane vra vir opgedatereerde regulasies om privaat brandweerdienste toe te laat om munisipale spanne wettiglik te ondersteun. Hierdie beroep kom na ‘n brand oor die naweek by ‘n bande-fabriek in Pretoria-Noord, waar privaat brandweerdienste toegang geweier is, terwyl die stad se personeel gesukkel het om die brand in bedwang te bring. […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het die korrupsiesaak teen voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula tot 21 November uitgestel om haar prokureur tyd te gee om die dossier wat deur die staat voorsien is, te bestudeer. Sy staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en geldwassery, insluitende dat sy ‘n beweerde bedrag van […]
# Rugby: Nog ‘n groot terugslag het die Springbokke getref na die vernederende nederlaag teen die Wallabies, met die nuus dat kaptein Siya Kolisi en drie ander sleutelspelers nie in Saterdag se Rugbykampioenskaps-toets teen Australië in Kaapstad sal kan speel nie. Kolisi se kniebesering kan hom ‘n maand buite aksie hou en daar is twyfel […]
# Die GOOD-party sê die eerste nasionale dialoog-vergadering het potensiaal getoon, maar is ondermyn deur swak beplanning en ondoeltreffendheid. Volgens die party het die regering, die burgerlike samelewing en burgers by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria bymekaar gekom om oplossings vir armoede, misdaad en ongelykheid te bespreek, maar baie stemme is nie gehoor nie. […]
# Die metaalwerkersvakbond Numsa sê 65-persent van voertuie in die plaaslike mark word ingevoer sonder enige plaaslike inhoud. Hoofsekretaris Irvin Jim vra die regering om buitelandse handelsmerke te verplig om plaaslike aanlegte te vestig en Suid-Afrikaanse werkers in diens te neem. Hy het ook strenger voorwaardes gevra en nie ‘n geskarrel om verlore uitvoermarkte te […]
# Die Presidensie het Suid-Afrikaners versoek om vooruitstaande burgers en uitsonderlike buitelandse burgers te benoem vir nasionale ordes. Hierdie hoogste toekennings erken noemenswaardige bydraes op gebiede soos demokrasie, menseregte, die kunste, wetenskap, sake en dapper dade. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê benoemings vir die orde van Mapungubwe, Kremetart, Luthuli, Ikhamanga, Metgeselle van […]
# Die polisie in Dubai het drie diewe vasgetrek slegs ure nadat hulle ‘n baie seldsame pienk diamant van 440-miljoen-rand gesteel het. ‘n Diamanthandelaar wat die edelsteen uit Europa gebring het, is na ‘n villa gelok deur ‘n misdaadbende wat voorgegee het ‘n ryk kliënt wil dit besigtig. Die edelsteen is egter gesteel toe die […]
# Die metaalwerksvakbond Numsa het ‘n skikking bereik met Goodyear Tyres met betrekking tot die aflegging van werkers op sy aanleg in Kariega in die Oos-Kaap. Die ooreenkoms bied verbeterde afleggingspakkette, insluitend vier weke se betaling vir elke voltooide diensjaar en ‘n eenmalige betaling vanaf honderd-duisend-rand. Hoofsekretaris Irvin Jim sê die vakbond het die sluiting […]