Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 17 Junie 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en ander wetstoepassingsagentskappe fokus op die onwettige brandstofbedryf wat jaarliks byna vier-miljard-rand uit die fiskus verduister. Die diens sê hy het vordering gemaak deur die afgelope vier maande op die swartmarkbrandstofbedryf toe te slaan. # En […]
# Tennis: Die Brit, Dan Evans, het sy eerste top-20-oorwinning sedert 2023 behaal nadat hy in die eerste ronde by Queen’s Club met die Amerikaner, Frances Tiafoe, afgereken het. Nog ʼn Brit, Cameron Norrie, is deur die Tsjeggiese tiener, Jakub Mensik, uitgeskakel. Die kwalifiseerder, Mackenzie McDonald van Amerika, het die Fransman Gael Monfils geklop terwyl […]
# Iran het Israel se aanval op sy staatstelevisiekanaal, IRINN, veroordeel en ʼn oorlogsmisdaad genoem. Die aanval het tydens ʼn regstreekse uitsending plaasgevind en die nuusleser genoop om na talle ontploffings te gaan wegkruip. Die Israelse weermag sê die Iranse weermag het die gebou se infrastruktuur en bates onder die dekmantel van burgerlike aktiwiteite vir militêre […]
# Die MK-party-leier Jacob Zuma sê hy is vol vertroue dat die jeug Suid-Afrika sal bevry. Hy het gister die party se Jeugliga in Clermont, KwaZulu-Natal, bekendgestel. Dit volg meer as ʼn jaar nadat die liga gestig is. Qiniso Cibane sal voortgaan as president, terwyl Nkateko Mkhabela voortgaan as sekretaris-generaal. Zuma sê die jeug se […]
# EFF-leier Julius Malema het weer bewerings van ‘n wit volksmoord in Suid-Afrika veroordeel. President Donald Trump van Amerika het verlede maand tydens sy ontmoeting met president Ramaphosa gesê Malema moet gearresteer word en hom beskuldig dat hy geweld teen wit boere in die land aanhits. Malema het gister tydens ʼn Jeugdagviering in Durban gesê […]
# Die dodetal in die Oos-Kaapse oorstromings het tot 90 gestyg en sluit 30 kinders in. Lykskouings is afgehandel en 80 liggame is positief geïdentifiseer, terwyl 77 liggame aan families oorhandig is. Die oorstromings het infrastruktuur beskadig, wat 58 skole en 20 mediese sentrums insluit. Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe wat Maandag met […]
# Rugby: Engeland se voormalige kaptein, Owen Farrell, sluit met ʼn tweejaar-kontrak weer by die Saracens aan. Dit volg nadat hy ʼn jaar lank vir die Franse span, Racing 92, uitgedraf het. Hy het in 17 wedstryde vir hulle gespeel, een drie gedruk en 41 punte aangeteken. Farrell se terugkeer na Saracens beteken hy is […]
# Die EFF-leier Julius Malema sê die regering het misluk om geleenthede, insluitend werksgeleenthede, vir jong mense te skep. Hy het Maandag die hoofrede gelewer by die party se Jeugdagviering in Umlazi, KwaZulu-Natal. Malema sê vandag se jeug moet deur die Klas van 1976 geïnspireer word om vir gratis onderwys en teen geslagsgeweld te veg: