# Die regering het die gemeenskap aangemoedig om vreedsaam en binne die wet te betoog. ‘n Gewelddadige behuisingsbetoging Maandag in Diepkloof, Soweto, het tot die dood van twee mense gelei. Inwoners het in die strate betoog oor vertragings in grondontwikkeling. Hulle het paaie blokkeer en vragmotors geplunder voordat hulle met die polisie gebots het. Die […]
# Die Britse minister van Buitelandse Sake, David Lammy, het in ‘n toespraak aan die Britse Parlement gesê talle burgerlikes in Gaza word bedreig weens hongersnood. Hy het bygevoeg die Israeliese weermag se blokkade van elf-weke wat verhoed dat humanitêre hulp Gaza bereik, is “onverdedigbaar en wreed”. Lammy sê die Verenigde Koninkryk skort onderhandelings met […]
# Rugby: Matt Sherratt het ingestem om weer as Wallis se tussentydse hoofafrigter op te tree vir die toer na Japan in Julie. Sy eerste taak is om ‘n groep van 33 spelers vir die twee toetse aan te wys. Ses spelers is toets-nuwelinge. Ospreys se haker, Dewi Lake, is as kaptein gekies terwyl die […]
# Burgerlike samelewingsgroepe, insluitend Blind SA, SECTION27 en die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie, sal vandag buite die Konstitusionele Hof betoog met die aanvang van die verhore oor die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg en die Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Uitvoerende Kunstenaars. Die betoging is gemik op billike toegang tot inligting en tantième vir kunstenaars. President Cyril Ramaphosa […]
# ‘n Ekonoom van die Stellenbosse Sakeskool, André Roux, sê Begroting 3.0 moet ekonomiese groei en werkskepping voorkeur gee bo die blote balansering van die boeke. Hy glo die koalisie se onlangse eenheid kan beleggers gerusstel en help om die begroting goed te keur. Roux waarsku teen die verhoging van persoonlike of korporatiewe belasting en […]
# Voormalige president Thabo Mbeki het Afrika-nasies versoek om die blou ekonomie voorrang te gee as ‘n hoeksteen vir die ontwikkeling en herlewing van die vasteland. Mbeki het voor die 15de Jaarlikse Thabo Mbeki Afrika-dag-lesing in Dar es Salaam, Tanzanië, die transformerende potensiaal van Afrika se oseane-ekonomie beklemtoon. Hy beklemtoon die volhoubare benutting van mariene […]
# Die Amerikaanse minister van Gesondheid, Robert F. Kennedy Jr., het die Wêreldgesondheidsorganisasie as opgeblase en leweloos bestempel en ander lande aangespoor om eerder by hulle aan te sluit en nuwe instellings te skep. In ‘n videoboodskap aan die Wêreldgesondheidsvergadering het Kennedy gesê die VN-agentskap is onder onbehoorlike invloed van China, geslagsideologie en die farmaseutiese […]
# Nedlac se Sakekamer het die Nedlac-verslag oor die Wetsontwerp op Tabakprodukte en Elektroniese Damprooktoestelle goedgekeur, maar ernstige beperkings uitgespreek. Dit sluit die insluiting van internasionale nie-regerings-organisasies by die regeringsliggaam in, en die eensydige verwydering van sy gedokumenteerde besware. Die finale verslag bevat ook nuwe standpunte wat nooit tydens raadpleging bespreek is nie. Die Sakekamer […]
# Die pluimveeprodusent Astral Foods waarsku dat Suid-Afrika ernstige ekonomiese gevolge kan ervaar as hy toegang tot die Amerikaanse mark verloor ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika. News24 berig die maatskappy sê hoewel plaaslike hoenderplase dalk nie regstreeks geraak sal word nie, kan ander nywerhede soos motor- en vrugte-uitvoere daaronder ly. Astral […]