# Rugby: Immanuel Feyi-Waboso sal sy eerste verskyning sedert November in ‘n Engelse span maak met sy ontwrigte skouer wat vinnig herstel. Feyi-Waboso is ingesluit in Engeland se 33-man-groep vir ‘n tweedaagse oefenkamp voor hul somerwedstryde. Die 22-jarige Exeter vleuel het nie in 2025 gespeel nie na ‘n operasie om van ‘n besering te herstel […]
# Makashule Gana van RISE Mzansi sê politieke skenkings moet beskou word as ‘n hoeksteen van demokrasie, nie as geheimsinnige ooreenkomste nie. Gana het in die Parlement tydens ‘n debat oor die Wet op Politieke Befondsing, Suid-Afrikaners aangespoor om politieke skenkings met trots te aanvaar, net soos om liefdadigheidsorganisasies of goeie sake te ondersteun. Hy […]
# Sokker: Harry Maguire erken Manchester United was nie naastenby goed genoeg nie. Sy sukkelende span hoop om hulle seisoen te red deur die Europaliga-eindstryd te wen. United pak Tottenham vanaand in Bilbao, Spanje, met die hoop om die eerste trofee onder die bestuur van Ruben Amorim te verower. Die span is 16de in die […]
# Die miljardêr Elon Musk het Suid-Afrika se wette oor swart ekonomiese bemagtiging gekritiseer. Hy sê die Starlink-internetdiens word nie in die land toegelaat nie omdat hy wit is. Om in Suid-Afrika gebruik te word, moet Starlink netwerk- en dienslisensies kry, wat albei 30-persent eienaarskap deur voorheen benadeelde groepe vereis. Die regering wil volgens berigte […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, en die minister van Landbou, John Steenhuisen het met die Amerikaanse handelsverteenwoordiger-ambassadeur Jamieson Lee Greer, in Washington vergader. Amerika is Suid-Afrika se tweede grootste handelsvennoot ná China. Steenhuisen sê die vergadering het gefokus op die versekering van oop en wedersyds voordelige toegang vir landbouprodukte wat […]
# President Cyril Ramaphosa sê hy sien uit na ‘n baie goeie en positiewe ontmoeting vandag met die Amerikaanse president Donald Trump. Hy het gister die Suid-Afrikaanse ambassade in Washington besoek, waar hy ‘n strategiese inligtingsessie deur sy ministers bygewoon het. Die regering het die langverwagte gesprekke as ‘n geleentheid bestempel om verhoudings te herstel. […]
# Die minister van Minerale Hulpbronne en Petroleum, Gwede Mantashe, sê Suid-Afrika moet waarde put uit sy kritieke minerale om voordeel te trek uit globale verskuiwings in energie en tegnologie. Dit volg nadat die kabinet ‘n nuwe strategie goedgekeur het om die sektor te bevorder. Mantashe sê meer belegging word benodig in verkenning, plaaslike verwerking […]
# Lede van die Wêreldgesondheidsorganisasie het gister ‘n ooreenkoms aanvaar om voorbereiding vir moontlike toekomstige pandemies te verbeter na die onsamehangende wêreldwye reaksie op Covid-19. Na drie jaar van onderhandelinge is die wettige verdrag deur die Wêreldgesondheidsvergadering in Genève aangeneem. Die verdrag word beskou as ‘n oorwinning vir lede van die wêreldgesondheidsagentskap in ‘n tyd […]
# Krieket: Sam Cook sal sy debuut vir Engeland maak in hierdie week se toets teen Zimbabwe, terwyl sy mede-snelbouler Josh Tongue die eerste keer in twee jaar te sien sal wees. Die toets begin môre op Trent Bridge. Cook word beloon as een van graafskapskrieket se bestendigste paaltjienemers vir Essex. Die 27-jarige se 227 […]