# Die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling in Limpopo, Florence Radzilani, verwelkom die arrestasie van ‘n 58-jarige onderwyser wat beskuldig word van die verkragting van ‘n 13-jarige leerder. Die verdagte is in hegtenis geneem en sal môre in die Landdroshof in Mankweng verskyn. Die departement se woordvoerder, Joshua Kwapa, sê ‘n voorlopige ondersoek het aan die […]
# China het vandag sy weermag-, vloot-, lug- en vuurpylmagte gestuur om Taiwan te omsingel vir grootskaalse oefeninge wat, volgens Beijing, daarop gemik is om te oefen vir “presisie-aanvalle” en ‘n blokkade van die selfregerende eiland. Taiwan het sy eie vliegtuie en skepe gestuur en landgebaseerde missielstelsels ontplooi in reaksie op die oefeninge, en Beijing […]
# Die voortgesette debat oor vanjaar se begroting het vandag verskerp met die DA en ANC wat bots oor voorgestelde belastingverhogings. Die DA het beloof om ‘n beplande BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte te verhoed, terwyl hulle aanvoer dit sal burgers verder benadeel. Die lot van die voorgestelde belastingveranderings sal op die vergadering van die Parlement se gesamentlike […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika benodig 440-miljard-rand om die elektrisiteitsnetwerk te moderniseer en uit te brei. Die plan sluit die opgradering van transmissie-infrastruktuur in om energie-sekerheid te verbeter en hernubare krag te ondersteun. Ramokgopa het aan die media gesê die staat se finansiële beperkings beteken die regering moes hom […]
# Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het ‘n rotasiebeginsel ingestel vir die herstrukturering van subkomitees en provinsiale ontplooiings. Die sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die stap sal doeltreffendheid en koördinering bevorder. Veranderings sluit in, Zuko Godlimpi wat Mmamoloko Kubayi sal vervang as die voorsitter van Ekonomiese Transformasie, Faith Muthambi wat Ronald Lamola in Regs- en […]
# Die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC beklemtoon die dringendheid van hernuwing binne die party. Sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het planne uiteengesit vir radikale hervorming, wat selfbehae en hekwagterskap uitskakel. Hy het die ANC se toewyding tot dissipline, aksie teen korrupsie, en integriteit deur die slim lidmaatskapkaart beklemtoon. Hy het ook die belangrikheid van politieke […]