# Rugby: Matt Sherratt het ingestem om weer as Wallis se tussentydse hoofafrigter op te tree vir die toer na Japan in Julie. Sy eerste taak is om ‘n groep van 33 spelers vir die twee toetse aan te wys. Ses spelers is toets-nuwelinge. Ospreys se haker, Dewi Lake, is as kaptein gekies terwyl die […]
# Burgerlike samelewingsgroepe, insluitend Blind SA, SECTION27 en die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie, sal vandag buite die Konstitusionele Hof betoog met die aanvang van die verhore oor die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg en die Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Uitvoerende Kunstenaars. Die betoging is gemik op billike toegang tot inligting en tantième vir kunstenaars. President Cyril Ramaphosa […]
# ‘n Ekonoom van die Stellenbosse Sakeskool, André Roux, sê Begroting 3.0 moet ekonomiese groei en werkskepping voorkeur gee bo die blote balansering van die boeke. Hy glo die koalisie se onlangse eenheid kan beleggers gerusstel en help om die begroting goed te keur. Roux waarsku teen die verhoging van persoonlike of korporatiewe belasting en […]
# Voormalige president Thabo Mbeki het Afrika-nasies versoek om die blou ekonomie voorrang te gee as ‘n hoeksteen vir die ontwikkeling en herlewing van die vasteland. Mbeki het voor die 15de Jaarlikse Thabo Mbeki Afrika-dag-lesing in Dar es Salaam, Tanzanië, die transformerende potensiaal van Afrika se oseane-ekonomie beklemtoon. Hy beklemtoon die volhoubare benutting van mariene […]
# Die Amerikaanse minister van Gesondheid, Robert F. Kennedy Jr., het die Wêreldgesondheidsorganisasie as opgeblase en leweloos bestempel en ander lande aangespoor om eerder by hulle aan te sluit en nuwe instellings te skep. In ‘n videoboodskap aan die Wêreldgesondheidsvergadering het Kennedy gesê die VN-agentskap is onder onbehoorlike invloed van China, geslagsideologie en die farmaseutiese […]
# Nedlac se Sakekamer het die Nedlac-verslag oor die Wetsontwerp op Tabakprodukte en Elektroniese Damprooktoestelle goedgekeur, maar ernstige beperkings uitgespreek. Dit sluit die insluiting van internasionale nie-regerings-organisasies by die regeringsliggaam in, en die eensydige verwydering van sy gedokumenteerde besware. Die finale verslag bevat ook nuwe standpunte wat nooit tydens raadpleging bespreek is nie. Die Sakekamer […]
# Die pluimveeprodusent Astral Foods waarsku dat Suid-Afrika ernstige ekonomiese gevolge kan ervaar as hy toegang tot die Amerikaanse mark verloor ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika. News24 berig die maatskappy sê hoewel plaaslike hoenderplase dalk nie regstreeks geraak sal word nie, kan ander nywerhede soos motor- en vrugte-uitvoere daaronder ly. Astral […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement monitor die uitwerking van watertoevoeronderbrekings wat veroorsaak word deur ‘n groot pyplyn wat gebars het by Rand Water naby Soweto. Klinieke in die Wes-Rand staar wateronderbrekings in die gesig, terwyl hospitale soos Leratong en Baragwanath van rugsteunstelsels afhanklik is. Die woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die departement het gebeurlikheidsplanne geaktiveer en werk […]
Sokker: Die Europese Unie-kommissaris Jozef Sikela en die CAF-president Patrice Motsepe het ‘n ooreenkoms van miljoene euro gesluit om die CAF Afrika-skolesokkerkampioenskap te verbeter. Die inisiatief is gemik op die ontwikkeling van jeugsokker regoor Afrika, met die Motsepe-stigting wat 179- miljoen-rand in prysgeld bydra. Motsepe sê die vennootskap is bedoel om infrastruktuur te verbeter en […]