# Die DA vra vir dringende ingryping terwyl studente uitsetting in die gesig staar omdat NSFAS nie akkomodasievoorsieners betaal het nie. Delmaine Christians van die DA sê meer as 500 studente loop die risiko om uitgesit te word, met verhuurders wat vir meer as ‘n jaar nie betaal is nie. Sy vra die Parlement om […]
# Die DA in Johannesburg het die burgemeester Dada Morero gekritiseer omdat hy na bewering vier-miljard-rand van Johannesburg Water se begroting herlei het te midde van ‘n ernstige waterkrisis. Die fondse is volgens berigte herlei vir algemene finansiële verpligtinge, sonder goedkeuring van die raad. Die DA sê die skuif is roekeloos, ondermyn aanspreeklikheid en vererger […]
# Sokker: Die wêreldbeheerliggaam Fifa het aangekondig dat 6,1-miljard-rand aan klubs versprei gaan word vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika – ‘n verhoging van bykans 70-persent teenoor die vorige toernooi in Katar in 2022. Dit is deel van Fifa se uitgebreide klubvoordeleprogram, waar klubs vergoed word wanneer spelers vrygestel word om aan kwalifiseerders en […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het uitgevaar teen wat hy beskryf as Israel se gewelddadige en onwettige aanval op Katar. Hy beskuldig Israel dat hy imperialistiese aggressie nastreef wat vrede in die Midde-Ooste bedreig, soewereiniteit ondermyn en die oorlog teen Palestina en buurstate verleng. Die SAKP se woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê Israel se regverdiging om […]
# Die DA sê Eskom moet dringend ontbondel word om die mynsektor te red. Die party waarsku elektrisiteitspryse wat die hoogtes inskiet, en sedert 2007 met meer as 800-persent gestyg het, verlam mynbou en veroorsaak die sluiting van ferrochroom smelters, met Glencore wat al 22 sy hoogoonde sluit. Kevin Mileham van die DA sê ten […]
# Krieket: Afganistan se uitgeweke vrouespelers sal tydens die eendag-Wêreldbekertoernooi in Indië toer, waar hulle teen plaaslike spanne sal speel. Die meeste van die spelers het na Australië gevlug toe die Taliban-regime in 2021 teruggekeer en vroue en mesies verbied het om aan sport deel te neem, onderwys te ontvang en te werk. Die span […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump sê Amerika en China het ‘n ooreenkoms oor TikTok bereik, met Washington wat sê beheer oor Tik-Tok moet na VSA-beheerde eienaarskap skuif. Die ooreenkoms is oor twee dae in Madrid bereik tussen Amerika se minister van Finansies, Scott Bessent, en die adjunk-eerste minister van China, He Lifeng. TikTok het […]