# Motorsport: Thailand het vandag ‘n stap nader gekom om ‘n Formule Een-wedren op die strate van Bangkok aan te bied met die amptelike goedkeuring van die kabinet om ‘n bod in te dien. As dit suksesvol is, sal die Thaise hoofstad wedrenne vanaf 2028 tot 2032 aanbied. Die eerste minister van Thailand, Paetongtarn Shinawatra […]
# Die Nasionale Seereddingsinstituut moedig Suid-Afrikaners aan om op hierdie wintersonstilstand, die langste nag van die jaar op 21 Junie, ‘n ysbad te neem in die see of in ‘n bak ysige water, as ‘n simboliese uitdaging om lewensreddingspogings te ondersteun. Die geleentheid samel geld in vir reddingsaksies, swemopleiding, en onderrig oor waterveiligheid. Van vrywilligers […]
# Motoriste word aangeraai om die R75 na Jansenville in die Oos-Kaap te vermy, na berigte van voortgesette protesoptrede in die gebied. Die betogings het vanoggend omstreeks vyfuur begin toe betogers die pad met ‘n vragmotor versper het. Die provinsiale polisiewoordvoerder Majola Nkohli waarsku daar is groot verkeersontwrigtings:
# Minstens 15 mense is dood en meer as 50 gewond in Russiese hommeltuig- en missielaanvalle oornag op die Oekraïnse hoofstad, Kiev. Amptenare sê Moskou het meer as 440 hommeltuie en 32 missiele op 27 verskillende plekke gelanseer. ‘n Ballistiese missiel het onder meer ‘n woonstelgebou van nege verdiepings getref. Rusland se ministerie van Verdediging […]
# Die Black Coffee-stigting het 500-duisend-rand ingesamel om slagoffers van die Oos-Kaapse oorstromings by te staan. Neëntig mense is dood en duisende dakloos gelaat. Die stigting het sedert die eerste ontruimings kos, klere en skoonmaakmiddels aan gesinne in Mthatha geskenk. Die musikant DJ Black Coffee het ook ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om slagoffers by […]
# Die DA in Gauteng sê die Departement van Landbou en die Departement van die Omgewing het nie diensverskaffers en werkers van die Uitgebreide Openbare Werkeprogram betyds betaal nie. Die party skryf dit toe aan premier Panyaza Lesufi se onbefondsde Nasi Ispani-program. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê volgens die LUR vir Landbou en Landelike […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns se afrigter, Miguel Cardoso, glo die Klub-Wêreldbekertoernooi in Amerika is die ideale vlak om hulself te toets. Sundowns is in Groep F saam met Ulsan HD van Suid-Korea, die agtmalige Bundesliga-kampioen, Borussia Dortmund, en Fluminense van Brasilië. Hulle skop hul veldtog môre teen Ulsan af. Cardoso sê om verder as die […]