# Minstens 15 mense is dood en meer as 50 gewond in Russiese hommeltuig- en missielaanvalle oornag op die Oekraïnse hoofstad, Kiev. Amptenare sê Moskou het meer as 440 hommeltuie en 32 missiele op 27 verskillende plekke gelanseer. ‘n Ballistiese missiel het onder meer ‘n woonstelgebou van nege verdiepings getref. Rusland se ministerie van Verdediging […]
# Die Black Coffee-stigting het 500-duisend-rand ingesamel om slagoffers van die Oos-Kaapse oorstromings by te staan. Neëntig mense is dood en duisende dakloos gelaat. Die stigting het sedert die eerste ontruimings kos, klere en skoonmaakmiddels aan gesinne in Mthatha geskenk. Die musikant DJ Black Coffee het ook ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om slagoffers by […]
# Die DA in Gauteng sê die Departement van Landbou en die Departement van die Omgewing het nie diensverskaffers en werkers van die Uitgebreide Openbare Werkeprogram betyds betaal nie. Die party skryf dit toe aan premier Panyaza Lesufi se onbefondsde Nasi Ispani-program. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê volgens die LUR vir Landbou en Landelike […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns se afrigter, Miguel Cardoso, glo die Klub-Wêreldbekertoernooi in Amerika is die ideale vlak om hulself te toets. Sundowns is in Groep F saam met Ulsan HD van Suid-Korea, die agtmalige Bundesliga-kampioen, Borussia Dortmund, en Fluminense van Brasilië. Hulle skop hul veldtog môre teen Ulsan af. Cardoso sê om verder as die […]
# Rugby: Die Nieu-Seelandse losvoorspeler Ardie Savea gaan volgende jaar weer vir Kobelco Kobe Steelers in Japan speel nadat hy ʼn sabbatsverlof-klousule in sy kontrak geaktiveer het. Kobe het vanjaar vyfde geëindig in Japan Rugby se eerste liga – 20 punte agter die kampioen, Toshiba Brave Lupus. Savea sal vanjaar in aanmerking kom vir die […]
# ‘n Student in Sosiale Wetenskap en Ekonomie aan die Noordwes-universiteit, Maano Rambwa, sê sy strewe na finansiële onafhanklikheid is die rede waarom hy ‘n entrepreneur geword het. Hy het Candy Corner in 2023 begin, lekkers op die kampus verkoop en geld gespaar om ‘n motor te koop. Dit is nou by die Bolt-diens geregistreer […]
# SANParke het godsdienstige groepe beboet wat onwettig vuur gemaak het in die Tafelberg Nasionale Park naby Boyes-rylaan en Peck’s-vallei in Kaapstad. Veldwagters het verskeie groepe gevind wat regulasies vir brandveiligheid oortree en hulle van die terrein verwyder. ‘n Woordvoerder, JP Louw, sê die brand is onder beheer en geen skade is aan eiendom aangemeld […]