# Gholf: Die Suid-Afrikaner Herman Loubser het sy tweede Sonskyntoer-titel opgeraap toe hy die Origins of Golf in die Vrystaat gewen het. Hy het sy landgenoot, Yurav Premlall, op die eerste putjie van ʼn uitspeelronde geklop. Die twee was gelykop met agt onder baansyfer na hulle onderskeie finale rondes van 69 en 72. Die Suid-Afrikaners […]
# ʼn Sesjarige graad R-leerder van Letsatsing Primary Mine School in Carletonville is Vrydag in ʼn fratsongeluk dood. Die leerder het volgens berigte ernstige beserings opgedoen terwyl sy op ʼn skoolbus geklim het om skool toe te gaan. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die kind is na die Carletonville Hospitaal gehaas vir mediese […]
# Die Mayibuye Afrika-beweging se nasionale sameroeper, Floyd Shivambu, sê die uitslag van die algemene verkiesing in 2024 het bewys politieke partye slaag nie daarin om die meerderheid se harte te wen nie. Die beweging se raadplegingsproses oor die moontlike stigting van ʼn nuwe politieke party, is Sondag in KwaZulu-Natal afgehandel. Shivambo, die MK-party se […]
# Die Boland Kavaliers het ‘n rustyd-agterstand van 12-7 ingehaal om ‘n bonuspuntoorwinning van 28-20 oor die Bulle te behaal in hul Curriebekerwedstryd in Wellington. Die gashere het die besoekers met vier drieë teenoor drie oortref, terwyl ses geel kaarte in die wedstryd uitgedeel is. Hierdie oorwinning verseker dat Boland sy plek in die top-vier […]
# Die organiseringskomitee van die konvensie sê die eerste nasionale konvensie van die nasionale dialoog was burgergedrewe, gefokus, met kragtige betrokkenheid. Meer as duisend afgevaardigdes van meer as 200 organisasies het die tweedaagse konvensie bygewoon wat Vrydag en Saterdag by die Universiteit van Suid-Afrika in Tshwane gehou is. Sleuteltemas vir bespreking het die ekonomie, werkgeleenthede, […]
# President Donald Trump se spesiale gesant, Steve Witkoff, sê president Vladimir Putin het ingestem om Amerika toe te laat om Oekraïne van streng veiligheidswaarborge te voorsien. Dit is deel van ‘n moontlike vredesooreenkoms wat Vrydag tydens die vergadering tussen Trump en Putin in Alaska bespreek is. Beide leiers het verklaar dat die vergadering produktief […]
# Die groot kriptoplatform Luno doen ‘n beroep op die regering om Raadskennisgewing 90 te wysig om Kollektiewe Beleggingskemas toe te laat om ‘n persentasie van hul batetoewysing in kripto-bates, soos Bitcoin, te belê. Dit volg op ‘n onlangse antwoord in die Parlement deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana, dat kripto-bates steeds as riskante […]
# Die Referendum Party sê president Cyril Ramaphosa weier om te erken dat die ANC-bewind en -beleid die ekonomie steeds verlam. Woordvoerder Joan Swart sê armoede duur voort en ongelykheid bly krisisse wat nie toevallig is nie, maar die onvermydelike gevolg van beleid wat die ekonomie verlam het, staatsvermoë uitgehol het en korrupsie verskans het:
# Die EFF sê die ANC-regering het misluk om die mense teen armoede en werkloosheid te beskerm, en ook misluk om enige hoop op ekonomiese transformasie te bied. Die party sê die sluiting van die bandvervaardiger Goodyear in Kariega, Oos-Kaap, is nie ‘n geïsoleerde voorval nie, maar deel van ‘n breër ineenstorting van die min […]